Hoekom jy ʼn somatoloog benodig

(Foto verskaf deur die Isa Carstens Academy)

ʼn Somatoloog is ʼn professionele persoon met ʼn geakkrediteerde driejaar-diploma in somatologie. Dit is ʼn gesogte kwalifikasie wat vel- en liggaambehandelings op ʼn wetenskaplike manier benader. ʼn Somatoloog is uniek in hul kennis en ervaring weens die sterk fokus op dermatologie as ʼn subafdeling van driejaar-opleiding in anatomie en fisiologie.

Volgens Zoya Nell, ʼn inhoudsontwikkelaar in opleiding, is “40% van die vakgebied toegewyd op die grootste orgaan van die liggaam – die vel”.

Die somatoloog is in ʼn unieke posisie om ʼn analise te doen, probleme op te los en resultate te behaal vir die grootste gedeelte van kliënte se vel- en liggaamsorgprobleme.

ʼn Somatoloog studeer langer as ʼn skoonheidsterapeut of skoonheidskundige

(Foto verskaf deur die Isa Carstens Academy)

Die intensiewe opleiding bied aan die somatoloog die nodige kennis en ervaring om ’n holistiese benadering tot elke kliënt te volg deur die kliënt se leefstyl, oefening, eetgewoontes en stresvlakke ook in ag te neem wanneer hulle na ʼn kliënt se spesifieke behoeftes omsien.

In baie gevalle is kliënte nie altyd bewus van die impak wat leefstyl op hulle vel het nie. Die somatoloog is opgelei om die nodige advies te gee binne hul professionele grense, en werk altyd saam met ʼn wyer kring van mediese professionele persone waarna verwysings gedoen kan word.

ʼn Somatoloog kan spesialiseer as ʼn gevorderde velsorgterapeut wat dieper lae van die vel veilig en doeltreffend kan behandel

(Foto verskaf deur die Isa Carstens Academy)

ʼn Kwalifikasie vir ʼn gevorderde velsorgterapeut verg ʼn bykomende jaar van studie. Met die voortgesette uitbreiding van die wêreldwye welstandsekonomie, waarvan die grootste deel skoonheid en teenveroudering is, neem die aanvraag na teenverouderingsbehandelings toe.

Terapeute word blootgestel aan meer gevorderde behandeling en dit kan die risiko van komplikasies verhoog. Sommige voorbeelde sluit in chemiese afskilfering, mikrobenaalding (“microneedling”), ligterapiebehandelings soos lasers en IPL, en behandelings voor- en ná- gevorderde prosedure kosmetiese behandelings.

Dit verg alles ʼn meer gevorderde en hoër vlak van probleemoplossingsvermoë om moontlike komplikasies te hanteer sodat dié behandelings veilig en doeltreffend uitgevoer kan word.

Só terapeut is uniek gekwalifiseer om bystand te lewer in ʼn mediese estetiese praktyk en werk gewoonlik saam met ʼn mediese professionele persoon wat in mediese estetika spesialiseer.

ʼn Somatoloog kan vir jou kundige advies gee oor jou vel se behoeftes

Deel van die kurrikulum van ʼn somatoloog se opleiding sluit in kosmetiese wetenskap, en stel die somatoloog in staat om produkformulering te verstaan en te identifiseer watter vel- of liggaamsorgprodukte vir jou die beste resultate sal gee om jou vel se spesifieke behoeftes te takel. ʼn Somatoloog benader velsorg op ʼn wetenskaplike manier en poog om jou vel te herstel na ʼn gebalanseerde toestand en seker te maak dit funksioneer tot sy volle potensiaal.

Wetenskaplikgeformuleerde produkte soos die Isa Carstens®- estetiese velsorgreeks is ontwikkel om ʼn unieke velsorgprotokol vir elke kliënt saam te stel wat daarop gefokus is om die natuurlike balans van die vel te herstel.

Wanneer jy die kundige advies van ʼn somatoloog volg, kan jy baie geld spaar wat jy andersins sou mors as jy die verkeerde produk vir jou vel se unieke behoeftes sou aanskaf.

Die krag van aanraking is onvervangbaar en vorm deel van alle behandelings wat by ʼn velsorgkliniek of spa uitgevoer word.

(Foto verskaf deur die Isa Carstens Academy)

In terapie word kliënte gewoonlik aangetrek deur die onmiddellike, sigbare effek van die behandeling, maar die groter impak van aanraking op die liggaam hou ʼn selfs groter voordeel in.

Aanraking kan bloeddruk, harttempo en kortisolvlakke laat daal, terwyl serotonien-, dopamien- en oksitosienvlakke verhoog.

ʼn Somatoloog weet wanneer ʼn behandeling die liggaam moet verkwik, of wanneer die parasimpatiese senuweestelsel gekalmeer moet word en kies dan noukeurig gespesialiseerde masseringsmodaliteite om dié verskillende doelwitte te haal. ʼn Goeie somatoloog sal seker maak dat jy beter lyk en voel ná elke interaksie.

Die verskil lê in die persoon se passie vir mense en vlak van opleiding

ʼn Somatoloog en ʼn gevorderde velsorgterapeut is ongetwyfeld ʼn spesialis in vel- en liggaamskwessies en kan probleme takel wat die gesig en liggaam raak deur ʼn holistiese benadering te volg.

Om jou terapeut te vertrou moet jy eers hul kennis, ervaring en integriteit vertrou. Al hierdie dinge vorm deel van ʼn gehaltefondasie wat gebaseer is op gehalte onderrig. Maak seker dat jy navraag doen oor jou terapeut se kwalifikasies voor jy ʼn afspraak maak – dit sal seker maak dat jy veilige en doeltreffende resultaatgedrewe behandelings ontvang.

Waar kan ek studeer om met ʼn loopbaan in dié bedryf te begin?

Die Isa Carstens® Academy word erken as ʼn top-opleidingsinstansie wat toegewyd is tot uitnemendheid in opleiding en leer en om studente en entrepreneurs te ontwikkel wat ʼn verskil maak – nie net nasionaal nie, maar ook internasionaal.

Die Isa Carstens® Academy het in 1978 sy deure oopgemaak en het al meer as 4 500 alumni opgelei en vier vanjaar sy 45ste herdenking.

Met ʼn voortgesette passie in ʼn deurlopend veranderende bedryf en ons inspirasie en toewyding tot uitnemendheid, is ons trots op die hoogs verpersoonlikte onderrig wat ons aanbied.

Met twee kampusse met akkommodasie in Stellenbosch en Pretoria bied die Isa Carstens® Academy kontak-, gemengde- en afstandsleerprogramme.

Die Isa Carstens® Wellness Sanctuaries in Stellenbosch en Pretoria is ʼn afdeling van die Isa Carstens® Academy waar kliënte die professionele hande van terapeute-in-opleiding kan ervaar in ʼn rustige omgewing.

Dit is hier waar sagte vaardighede ontwikkel word en aangeleer word deur ervaring en die ondersteuning van afrigters wat omgee. Dit baan die weg na vertroue en ervaring.

Die Isa Carstens® Academy is geregistreer by die departement van hoër onderwys en opleiding as ʼn privaat hoër onderriginstansie onder die Wet op Hoër Onderrig, 1997. Registrasiesertifikaatnr. 2000/HE07/025.

Besoek ons webwerf om meer te leer en jou plek te bespreek by ons volgende opedag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.