Natuurlike middel vir sinus, griep en verkoue

(Foto verskaf deur Sinulex)

Sinulex® Forte se reeks van produkte ondersteun die immuunstelsel en help die liggaam om virus- en bakteriële toestande beter te hanteer.

Sinulex® Forte-kapsules, Vit C Fizzy en stroop, help om die simptome van sinusinflammasie, kongestie, verkoue en griep te verlig.

Patogene pas voortdurend aan en ontwikkel dikwels weerstand teen die effek van antibiotika en inentings. In die lig van onbehoorlike gebruik van antibiotika en toenemende weerstand teen medikasie, is die behoefte aan ʼn alternatiewe, doeltreffende middel vir sinusitis, verkoues en griep van kritieke belang. Ons toenemende begrip van molekulêre tegnieke, die immuunstelsels van plante en hul meganismes vir patogeeninhibisie, spoor ons aan om gevorderde, plantgebaseerde medisyne te ontwikkel vanuit die fundamentele begrip dat plante ‘n ingewikkelde verdedigingstelsel teen patogene ontwikkel het om te oorleef.

Die bestanddele in Sinulex® Forte word ondersteun deur kliniese data wat dui op hul doeltreffendheid in die stryd teen virus- en bakteriële infeksies. Die gevolg is ʼn afname in ernstige simptome van nasale kongestie, sinusdruk, inflammasie van die sinusholtes, postnasale drup, verligting van kopverkoues en algemene simptome wat met verkoues en griep verband hou.

Sinulex® Forte bevat nie enige laktose, tartrasien of suiker nie en bevat ook nie enige pseudo-efedrien of enige stimulante soos kafeïen nie.

Sinulex-kapsules bevat ekstrakte van pelargonium en peperwortel, sowel as vitamien C, D3 en sink.

Dit is bekend dat hierdie bestanddele help om verkoues en griepverwante simptome te bekamp.

Klik hier om die webwerf te besoek vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.