Skerp jou sonbeskerming op met dié drie wenke

Argieffoto. (Foto: Katsiaryna Endruszkiewicz/Pexels)

Dit is geen geheim dat sonskade ʼn groot gesondheidsrisiko is wanneer dit by vroeë velveroudering en velkanker kom nie.

Vir Suid-Afrikaners sal dit natuurlik ʼn swaar vonnis wees om te sê dat ons geheel en al uit die son moet bly. Daarom is dit noodsaaklik om jou sonbeskermingsmetodes gereeld op te skerp – of jy nou iemand is wat graag gereeld in die buitelug baljaar of die son net blitsig trotseer as jy tussen jou motor en kantoor stap.

Hier is ʼn drie praktiese wenke om seker te maak jou sonbeskerming is deurgaans voldoende:

1. Kies die regte sonskerm

Dít klink dalk na ʼn eenvoudige taak, maar baie mense onderskat steeds die belangrikheid van ʼn hoë sonbeskermingsfaktor (SBF).

SBF verwys na hoe lank ʼn sonroom jou teen die son se ultraviolet (UV) B-strale kan beskerm, en die getal voor die SBF verwys na die hoeveelheid UVB-strale wat die produk kan uitblok.

Hoewel daar veral baie kosmetiese produkte soos onderlaag is wat SBF gemerk is, is die minimale beskerming wat dit bied, nie genoeg nie.

Hoeveel SBF is die beste?

15 SBF blok rondom 93% van die son se UVB-strale, 30 SBF rondom 96% en 50 SBF rondom 98%.

2. Wend dit oral, genoegsaam én herhaaldelik aan

Dr. Marc Roscher, besturende hoof van die Velkankervereniging van Suid-Afrika (SCFSA) en een van die land se top-dermatoloë, sê ʼn goeie daaglikse vogmiddel met minstens SBF 30 moet in twee lae na mekaar aangewend word vir optimale beskerming.

Dit is ook voordelig om jou sonbrandroom ʼn halfuur voordat jy buite gaan wees aan te smeer om sodoende jou vel kans te gee om die produk te absorbeer. Onthou om ook sonskerm op die nek, ore en selfs op jou lippe aan te wend, veral as jy buite gaan wees.

Enige sonroom se sonbeskermingsfaktor, ongeag sy getal, kan jou vel vir slegs twee uur lank beskerm, daarna moet dit weer aangewend word.

Hoe gemaak met grimering?

Dit is kernbelangrik om behoorlike sonbeskerming by jou daaglikse velsorgroetine in te sluit.

Wend ʼn vogroom met ʼn hoë SBF aan voordat jy jou onderlaag opsit – selfs al het jou onderlaag ʼn SB-faktor, of soek andersins vir ʼn sonskermroom wat getint is.

Indien jy deur die dag weer sonskerm wil aanwend sonder om jou grimering te beïnvloed, probeer die volgende:

  • Gebruik ʼn sonskermsproei met ʼn hoë SBF en ligte formule wat maklik bo-oor jou grimering gesproei kan word.

La Roche-Posay se Anthelios XL Fresh Invisible Mist in 75ml is teen R239.20 by Clicks te koop.

La Roche-Posay se Anthelios XL Fresh Invisible Mist.

  • Gebruik ʼn grimeersponsie om sonbrandroom bo-oor jou onderlaag aan te wend. Wend die sponsie plek-plek saggies aan om die room met jou onderlaag te meng, eerder as om dit af te vee. Jy gaan moontlik net jou blosser moet opknap.
  • Op ʼn warm somersdag is die kans goed dat jou vel ʼn bietjie olierig lyk. Slaan sommer twee vlieë met een klap en gebruik ʼn gesigpoeier met ʼn SBF om van jou vel se olierige glans ontslae te raak én jou vel te beskerm.

Bioderma se Photoderm Compact Mineral SPF50+ Golden is teen R440. 56 aanlyn en by uitgesoekte winkels beskikbaar.

Bioderma se Photoderm Compact Mineral SPF50+ Golden-gesigpoeier.

3. Beskerm ook jouself van binne

Volgens dr. Roscher gaan beskerming gaan oor meer as sonbrandroom, daarom beveel hy beide in- en uitwendige beskerming aan.

Navorsers het vasgestel dat antioksidantvlakke fluktueer voor en nadat die vel aan UV-lig blootgestel is, wat hul belangrike rol in die beskerming van jou vel bewys.

Rocher moedig die inname van antioksidante aan, hetsy deur voedsel of vitamienpille, om die vel van binne te versterk – spesifiek vitamien C en niasienamied – ʼn vitamien B3-derivaat. Vyf van die beste bronne van sonskerm-antioksidante sluit tamaties, patats, amandels, salm en druiwe in.

Dieselfde vitamiene kan egter ook in die vorm van ʼn serum aan die veloppervlak aangewend word en sal jou vel beskerm daarteen om rooi te brand.

Bykomende bronne: Laroche-posay.com,Vogue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AsEkKon ·

Jy kan die Vitamien opneem sonder om velkanker op te doen – smeer sonskerm aan.

Nommer 7 ·

Niks is verniet nie. In hierdie geval is die prys velkanker, of dan wel ten minste permanente vel skade, en die vel is die grootste orgaan wat die liggaam detox. Dit is soos om kwaai te drink en dan te se^ jy gee nie om vir lewer beskadiging nie.

Ben ·

Nope. My familie is boere. Heeldag in die son sonder roompies. Almal bruin gebrand en kanker vry. Chemikalie in son room gee vel kanker.

Nommer 7 ·

‘n Son beskadigde vel verdonker, vandaan die bruin vel. Weens u familie se bruin gebrande velle, kan hul velle dus nie meer 100% detox nie, en plaas druk op hul lewers. U familie is dus risiko gevalle vir velkanker en ‘n verlaagde lewerfunksie.

Karoo ·

Net weer bemarking, ons almal weet tussen 10h00 en 15h00716h00 bly jy uit die son. Kyky ook na die UV telling vir die dag, jou aablein weerstasie bied dit, net omdat dit bewolk is beteken nie dis veilig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.