Systap eerder dié breinboelies

Daardie smullekker eet-terwyl-jy-inkopies-doen-oliebolle wat vir jou deur die vertoonvenster wink, is ’n gevaarlike verleiding. (Foto: iStock)

Heelwat word geskryf oor watter kos gesond is en breinfunksie verbeter, tog lees ’n mens min oor voedselsoorte wat jou verhinder om flink te dink en selfs ’n invloed op jou gemoedstoestand kan hê, veral by ouer mense.

Hier is agt aartsvyande:

Suikerstrik – Wetenskaplikes het bevind dat mense wat gereeld suikersoet drankies soos gaskoeldrank en ystee drink, meer geneig is om geheueprobleme te ontwikkel. Hierdie drankies bevat dikwels fruktose wat selfs sekere dele van die brein kan laat krimp!

Wetenskaplikes het bevind dat mense wat gereeld suikersoet drankies soos gaskoeldrank en ystee drink, meer geneig is om geheueprobleme te ontwikkel. (Foto: iStock)

Beroerte in ’n blikkie – Suikervrye opsies (met kunsmatige versoeters) is nie noodwendig ’n gesonder alternatief nie. Navorsing het bevind dat mense wat een dieetkoeldrank per dag drink, byna drie keer meer geneig is om ’n beroerte te kry of demensie te ontwikkel.

Siepsop-braaiboud – Hou verby verwerkte kos (wat vol transvette is), margarien, skyfies en ander gebraaide gunstelinge, meen medici in die joernaal Neurology. Hierdie vinnige en gerieflike maaltye veroorsaak inflammasie, wat die bloedvate wat die brein van suurstof voorsien, kan beskadig en uiteindelik die brein self beïnvloed.

Hierdie vinnige en gerieflike maaltye veroorsaak inflammasie, wat die bloedvate wat die brein van suurstof voorsien, kan beskadig en uiteindelik die brein self beïnvloed. (Foto: iStock)

Gatslag vir gesondheid – Daardie smullekker eet-terwyl-jy-inkopies-doen-oliebolle (donuts) wat vir jou deur die vertoonvenster wink, is ’n gevaarlike verleiding. Nie net is dit propvol transvette nie, maar ’n suikerbom. Jou gesin gaan waarskynlik in ekstase wees as jy met ’n boks vol by die huis aankom, maar hoë bloedsuikervlakke word regstreeks met dementia verbind.

Vergeet van dié brood – Verfynde koolhidrate, soos dié wat in witbrood en wit rys aangetref word, laat jou bloedsuiker die hoogte in skiet. Navorsers het bevind dat ’n oormaat verfynde koolhidrate jou risiko vir alzheimersiekte verhoog. Eet eerder volgraanbrood, -pasta en bruin rys.

Verfynde koolhidrate, soos dié wat in witbrood en wit rys aangetref word, laat jou bloedsuiker die hoogte in skiet. (Foto: iStock)

Die vet weet – Suid-Afrikaners is lief vir rooivleis, maar ons hart en brein gesels nie ewe geesdriftig saam langs ’n braaivleisvuur vol versadigde vette nie. Die Mind-dieet, wat ’n skerp geheue en gesonde brein voorop stel, beveel vis, maer pluimvee en bone aan. Vermy voorts volroomsuiwelprodukte.

Vis op droë grond – Hoewel die meeste gesondheidskenners voorstanders is van vis soos salm wat ryk aan omega 3-vetsure is, waarsku hulle egter teen (groot) vissoorte met ’n hoë kwikinhoud. Kwik is neurotoksies (giftig vir die brein), wat die risiko van geheueverlies verhoog en swakker denkvaardighede by ouer volwassenes tot gevolg kan hê.

Tog bevat talle souse en marinades ’n groot hoeveelheid fruktose wat dit in werklikheid net so nadelig soos gaskoeldrank maak. (Foto: iStock)

Stroop en doop – ’n Slaai sonder ’n sousie is maar vaal en vervelig. Tog bevat talle souse en marinades ’n groot hoeveelheid fruktose (wat dit in werklikheid net so nadelig soos gaskoeldrank maak). Dit word verbind met verskeie gesondheidsprobleme, onder andere geheueverlies en verswakte breinfunksionering. Slaan eerder jou eie slaaisousie aanmekaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bertie ·

Het nou net ‘n heerlike oliebol geëet! Wat wou ek nou weer sê?

JohanCzu ·

Mense rook, drink en eet wat hulle wil teen goeie mediesbewysde raad in, maar wil kerm oor wat in die covidentstof is. En dan beweer hulle dat hulle begaan is oor hulle gesondheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.