Voordele om baba se koordbloed en weefselstamselle te ‘bank’

Argieffoto (Foto: fancycrave1 / Pixabay)

As ouers met ʼn kleinding op pad, is daar niks meer waardevol as jou baba se gesondheid nie. Die baba se naelstringkoord en plasenta funksioneer as ondersteuning deur die hele swangerskap en voorsien suurstof, voedingstowwe en versterk die baba se immuunsisteem.

In die verlede is die plasenta en baba se koord altyd vernietig ná geboorte, maar met die bekendmaking van die wonderwerk van stamselle kan ouers die stamselle vir gebruik in die toekoms verseker deur hierdie twee weefseltipes te spaar en vir lang tydperke kriogenies te vries.

Daar is twee tipes kosbare stamselle in die twee tipes weefsels. Koordbloedstamselle word verkry uit koordbloed en somatiese stamselle vanaf die weefsel en plasenta wat agterbly in die baba se koord ná geboorte. Die stamselle word verkry van koordbloed en koordweefsel vanaf baba, sodra baba gebore is. Die versameling hou geen risiko vir mamma of baba in nie en is pynloos. Dit is ook die enigste kans om die selle te stoor – oomblikke ná geboorte. Koordbloedstamselle is uniek en kan al die tipes bloed en immunsisteemselle vorm. Die baba se stamselle is onmiddellik toegangklik vir haar/homself en het ook ʼn 25%-kans om vir sussies of boeties gebruik te kan word en ʼn 50%-kans vir ouers.

Die stamselle kan gebruik word vir meer as 80 goedgekeurde siektes soos bloedkankers, en sekere genetiese- en immuunsiektes1. Daar is wêreldwyd al meer as 40 000 naelstringbloed-oorplantings gedoen2.

Die somatiese stamselle vanuit die koordweefsel kan oorsprong gee aan al die 200 tipes selle in die menslike liggaam. Beide hierdie stamselle uit die baba is baie meer veelsydig in vergelyking met volwasse stamselle wat vanuit beenmurg en “gewone” bloed versamel word. Die rede hiervoor is dat die stamselle vanuit die koord meer naïef is, vinniger groei, meer tipes selle vorm, dit word nie maklik verwerp deur die liggaam nie, het minder genetiese foute en is ook onmiddellik beskikbaar wanneer benodig word vir ʼn oorplanting.

Tans is daar meer as 7 600 kliniese studies waar hierdie stamselle ondersoek word vir nuwe terapie, soos byvoorbeeld terapie in hartsiektes, spinalekoord-beskadiging, outisme, breinverlamming (cerebral palsy), veelvuldige sklerose en vele meer siektes3.

Die proses om stamselle te stoor behels die volgende: die ondertekening van ʼn kontrak en ʼn klein depositobetaling vir die bergingstelletjie. Die ouers ontvang die bergingstelletjie en neem dit na die hospitaal met geboorte. Die koordbloed en weefsel word direk ná geboorte deur bekwame medici versamel en Cryosave se professionele koerierdiens sal die bergingstelletjie optel en na Cryosave se laboratorium vervoer waar prosessering volgens AABB-standaarde en prosedures plaasvind. Daarna word die stamselle kriogenies geberg vir 20 jaar of tot wanneer dit benodig word.

Julle pasgebore baba sal deel vorm van ʼn nuwe generasie wat vir meer as 100 jaar kan oorleef. Die moontlikheid bestaan dat hulle stamselle sal benodig om hul gesond te hou hiervoor en daarom is dit so belangrik om nou ʼn besluit te neem vir hul toekoms.

Om hierdie rede het meer as 4 miljoen gesinne wêreldwyd gekies om hul baba se toekomstige gesondheid te beskerm deur koordbloed en -weefsel te stoor.

Vir meer inligting, besoek Cryosave se webwerf

Verwysings:

  1. Waller-Wise R. Umbilical cord blood: information for childbirth educators. J Perinat Educ. 2011 Winter;20(1):54-60. doi: 10.1891/1058-1243.20.1.54. PMID: 22211060; PMCID: PMC3209739.
  2. Gratwohl A et al. “One million haemopoietic stem-cell transplants: a retrospective observational study.” Lancet Haematology 2015 Mar;2(3):e91-100 https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/26687803
  3. Doi, H., Kitajima, Y., Luo, L. et al. Potency of umbilical cord blood- and Wharton’s jelly-derived mesenchymal stem cells for scarless wound healing. Sci Rep 6, 18844 (2016). https://doi.org/10.1038/srep18844

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.