Wat kos dit om koordbloedstamselle te bank?

Argieffoto (Foto: fancycrave1 / Pixabay)

Baie mense dink dat die berging van koordbloedstamselle duur is. As mens egter die langtermyn koste oorweeg teenoor die ongelooflike voordele wat stamselle in die toekoms mag inhou, is dit ʼn bekostigbare oefening.

Hier is die koste uiteengesit:

Die versamelingstelletjie

Dit versamelingstelletjie sluit al die noodsaaklike komponente in wat die ginekoloog/vroedvrou tydens geboorte sal benodig om koordbloed en -weefsel te versamel. Die versamelingstelletjie word gewoonlik vooraf betaal tydens registrasie met CryoSave. Dit verseker dat die stelletjie spoedig by ouers afgelewer kan word sodat dit gereed sal wees om tydens die bevalling saam te neem na die hospitaal. Direk ná die koordbloed en -weefsel by geboorte versamel is, sal CryoSave se gespesialiseerde koerier die stelletjie by die hospitaal oplaai en onmiddellik na CryoSave neem.

Prosessering van die koordbloed en -weefsel

Wanneer die versamelingstelletjie by die CryoSave-laboratorium aankom, word die koordbloed en -weefsel dadelik geprosesseer. Die koordbloed en -weefselstamselle word versamel, en kriogenies gestoor volgens AABB- geakkrediteerde (Association for the Advancement of Blood and Biotherapies) internasionale standaarde. Die koordbloed en -weefsel word gestoor in die gasfase van CroSave se vloeibare stikstoftenks (tussen -196 °C en -150 °C) in ons veilige langtermyn storingsfasiliteit.

Stamselbanke doen ook gehalte-ontleding van die stamselle in die koordbloed en dit behels die bepaling van die aantal stamselle, die lewensvatbaarheid van die selle, en of bakteriële infeksie teenwoordig is. Ná suksesvolle storing van die koordbloed- en weefselstamselle word ouers in kennis gestel en sertifikate vir beide die koordbloed en koordweefsel word uitgereik as bewys van suksesvolle storing.

Indien daar komplikasies is by geboorte, sal die laboratorium of mediese direkteur die ginekoloog skakel en die geval bespreek om terugvoering aan die ouers te gee oor die kolleksie.

Storing van die stamselle

Ná die prosessering van die stamselle word die koordbloed en -weefselstamselle kriogenies gestoor en in stand gehou in die gasfase van CryoSave se vloeibare stikstoftenks tussen -196 °C en -175 °C tot dit benodig word. Al die onkostes van stamselprosessering tot by die langtermyn storing, sluit die onderhoud van die kriogeniese fasiliteit en die toerusting, asook die regulatoriese-, voldoenings- en bedryfskostes in.

Indien die koordbloed benodig sou word vir ʼn oorplanting, bied CryoSave die ouers kostevrye vervoer van die stamselle na enige oorplantingsentrum in die wêreld. Stamselle sal ook net vrygestel word vir ʼn goedgekeurde siekte vir oorplanting na ʼn geakkrediteerde fasiliteit en nadat volledige toestemming en alle dokumentasie geteken is deur die ouers, die oorplantingsentrum en CryoSave.

Wanneer ons al die kostes in ag neem, is die instandhouding van enige koordbloed bank redelik duur. Die langtermyn storingskoste word betaal oor ʼn 20 – 30 jaar periode. Dit is ʼn kritiese faktor wat die onderhoud en instandhouding van die stamselbank waar jou baba se stamselle gestoor word, oor die langtermyn verseker. Storingskostes moet dus ʼn nie-onderhandelbare koste wees as mens die totale proses in ag neem.

Neem verder in ag dat, indien stamselle nie gestoor was nie, die soektog na ʼn geskikte skenker maande kan neem vir ʼn lewensgevaarlike siekte en die kostes van ʼn skenker kan tussen R600 000 en R1 miljoen beloop. As ouers dus hul baba se stamselle by geboorte gestoor het, is die stamselle onmiddellik beskikbaar.

Met al die bogenoemde in ag geneem, is die bedrag van R25 000, insluitend die versamelingstelletjie en prosessering, en ʼn bergingsfooi van R50 per maand nie ʼn onbekostigbare bedrag nie. Slegs die versamelingstelletjie van R4 000 is vooraf betaalbaar en selfs hier bied CryoSave opsies wat ouers se sak sal pas. Vir die prosesseringsfooi is paaiemente van 12 tot 60 maande beskikbaar.

  • CryoSave verstaan dat ouers onder finansiële druk verkeer. CryoSave bied daarom buigsame prys-opsies aan wat ouers se behoeftes bevredig. Ouers kan CryoSave gerus kontak vir ʼn verpersoonlikte kwotasie. Vir meer inligting, besoek Cryosave se webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.