Blitsige Beemer beïndruk  

Ek is in die vroeë tagtigerjare gebore. Toe ek ʼn jong lat was, het BMW Suid-Afrika se renbane aan die brand gejaag met hul 325iS. Daai sessilinder beat is onvergeetlik. Soos voertuie al moderner raak, raak hulle al groter… en hartseerste van alles – stiller.

Die stilte is weens die alewige soektog na laer emissies. Om dié laer emissies te bereik is eenvoudig – daar kort turbo’s. Aan die voordeelkant bring daai einste turbo’s groot krag… en groter wringkrag.

BMW het so ʼn tydjie gelede vir my ʼn kort beurt gegee met hul fantastiese M2 CS. CS staan vir Clubsport. Dit is ʼn bietjie wilder weergawe van die reeds wilde Competition. Ek het in 2019 tyd met die M2 Competition deurgebring – en dit was ʼn fantastiese ervaring. Dus – toe ek hoor ek gaan ʼn beurt kry met die beperkte weergawe CS, kon ek werklik nie wag nie.

Daar het slegs 30 M2 CS’e hul weg na Suid-Afrika gevind. Die CS-embleem kry vir jou 29 kW meer as die Competition-weergawe met ʼn totaal van 331 kW en 550 Nm.

Daai krag word aan die agterwiele gestoot deur ʼn M-DCT dubbelkoppelaarratkas. 0 – 100 km/h neem ʼn ratse 4 sekondes en is beperk tot 280 km/h met die M-bestuurderspakket.

Dit is egter op die pad waar die CS sy staal wys. ʼn Klein blitsige BMW het ʼn spesifieke gevoel. ʼn Kommunikasie wat ʼn mens deur die stuurwiel, sitplek en pedale kan voel wat mens een met die kar maak. Dit is ʼn fantastiese gevoel.

Die M2 CS is ʼn kompakte tweedeur-vuurwa. Hy bied puik gehalte en sterk spesifikasies in die binneruim. Dit sitplekke is van my gunstelingitems in die binneruim. Daar is nie oortollige foefies nie – net wat ʼn mens nodig het.

Die CS het wel groot tande… soos ek in die tweede episode van Perdekrag geleer het. Dit bring ʼn mens egter by die belangrike vraag: Is die CS die ekstra geld werd bó die Competition? Indien jy dit het – beslis, eenvoudig omdat dit een van net 30 is. Indien jou begroting nie R1,7 miljoen kan haal nie – is die R1,2 miljoen vir die Competiton ʼn ware winskoop.

Die reeks lyk só:

BMW M2 Competition handrat302 kW/ 550 Nm4,4 sek

250 km/h

9,8 ℓ/ 100 kmR1 139 464
BMW M2 Competition M-DCT outo302 kW/ 550 Nm4,2 sek

250 km/h

9,1 ℓ/ 100 kmR1 199 456
BMW M2 CS handrat331 kW/ 550 Nm4,2 sek

280 km/h

10,4 ℓ/ 100 kmR1 650 000
BMW M2 CS M-DCT outo331 kW/ 550 Nm4 sek

280 km/h

10,2 ℓ/ 100 kmR1 711 000

Die reeks word gedek deur ʼn 2 jaar/ onbeperkte km waarborg en 5 jaar/ 100 000 km omvattende instandhoudingsplan.

Die kompetisie lyk só:

Porsche 718 Cayman GT4 outo309 kW/ 420 Nm4,4 sek

304 km/h

10,9 ℓ/ 100 km2 jaar/ onbeperkte km waarborg

3 jaar/ 100 000 km omvattende instandhoudingsplan

R1 800 400

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Boerkind ·

Net jammer BM bly lyk binne dieselfde… kort regtig ‘n bietjie meer vars paneelbord…

koos10 ·

Ekstra 29 kw vir R500 000.00 is malgeit.
BMW moet by Ford bietjie gaan leer. Roush is Ford se ombouings spesialise. Teen R500 000.00 gee hulle vir jou meer as 200KW meer op ‘n V8 Mustang met nuwe bak panele en onderstel, en jy behou jou waarborg.
As BMW eienaars meer krag soek, hoekom oorweeg BMW nie so iets in SA nie?

ouMo ·

Vir daai prys kry ek ‘n monster van ‘n bakkie wat potholes en ‘n gesin ook kan hanteer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.