Bring jou Hilux en vier saam fees by Sondela

Toyota Hilux-eienaars kan hulle die naweek van 13 tot 15 Oktober gereedmaak vir ʼn heerlike familiefees soos min by die Sondela Nature Reserve & Spa net buite Bela-Bela (Warmbad).

Trio Events bied al ʼn geruime tyd die baie suksesvolle Hankook Land Cruiser-fees aan, en het besluit om iets soortgelyks vir Toyota Hilux-eienaars aan te bied, en waar beter as by die pragoord, Sondela Nature Reserve & Spa.

Daar gaan gepoog word om soveel as moontlik Hilux-voertuie bymekaar te kry en sodoende ʼn nuwe rekord op te stel. Die geleentheid sal ʼn jaarlikse instelling raak.

Volgens Marius Opperman, organiseerder van die geleentheid, gaan dit ʼn volgepakte geleentheid wees met uitstallers van buitelewe produkte, kunstenaars wat gaan optree, Sondela se eie aktiwiteite, kindervermaak, ʼn kroeg en ʼn biertuin, verskeie kosverskaffers en ʼn kunsmark.

LA Sport Pretoria gaan ongelooflike aktiwiteite aanbied, waaraan Hilux-eienaars kan deelneem en met mekaar kan kompeteer soos onder andere Hilux-gruispad-versnelrenne (gravel drags), moddergate, heuwelklim- en dwarsas-uitdagings.

Bring gerus jou Hilux-voertuig en toets sy krag en uithouvermoë.

Om deel te wees van hierdie geleentheid, registreer jou voertuig by www.ekspo.co.za of tree met Tersia in verbinding by [email protected] of 072 487 000 gedurende kantoorure.

Registrasiekoste beloop slegs R250 per voertuig met ʼn maksimum van vier persone. Daar is ook baie basiese kampering (geen krag, maar wel ablusiegeriewe) beskikbaar vir deelnemers teen R850 (maksimum vier mense) die naweek, wat die Hilux-voertuigregistrasie insluit.

Laat registrasies sal ook op die dag by die hekke toegelaat word, maar die organiseerders versoek dat soveel as moontlik aanlyn registrasies gedoen word.

Dagbesoekers wat nie Hilux-voertuie besit nie, is ook meer as welkom om net te kom kyk en deel te wees van al die pret en plesier teen slegs R60 per persoon.

Sondela bied ook hulle akkommodasie en kampering aan en besprekings hiervoor kan direk by Sondela gemaak word by [email protected] of skakel hulle by 014 736 8800.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Die uitstallers soos Old man Emu suspension gaan weer goed sake doen by Sondela, n standaard Hilux is mos soos n vlakvark, as hy n grondpad sien wil hy net rol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.