Fortuner Challenge se wenner gekroon!

Maroela Media was vanjaar ʼn mediavennoot van Toyota se fantastiese Fortuner Challenge. Die konsep is heel eenvoudig: Daar is vier deelnemers wat inskryf deur vier mediahuise, en elk van die deelnemers is in ʼn span saam met ʼn sportheld wat hulle help om deur verskeie uitdagings en hindernisse te beweeg tot een van die uitdagers wegry met ʼn splinternuwe Toyota Fortuner.

Die vier mediahuise se taak is om inskrywings te werf, te sif en met ʼn uitdager vorendag te kom. Maroela Media se uitdager was die fantastiese Jeandri Janse van Rensburg van Durbanville in die Kaap.

Elke uitdager trek ʼn gekleure balletjie uit ʼn hoed om te sien saam met watter held hul sal deelneem. Jeandri en die Cheetahs-rugbyspeler Oupa Mahoje was in ʼn span. Ons span het nie met die Fortuner weggery nie, maar het absoluut die beste gees gehad. Oupa se Afrikaans is werklik goed, maar ek wil nog uitvind hoe Jeandri se bynaam tydens die kompetisie sommer “Mamma” geword het!

Nege verskillende take moes aangedurf word – van legkaart bou, wiskundige probleme oplos en gewigte dra tot hardloop en fietsry. Die drie ander spanne was Jan Withaar en Giniel de Villiers vir Independent Media, Sam Sanders en Daniel Lombard vir Arena Media en Geronay Whitebooi en Marcus Gunton vir SuperSport.

Ek was verskeie kere oortuig dat Jeandri en Oupa voorloop, maar teen die einde was die blitsige Jan en Giniel net té goed om te klop en Jan ry nou met sy splinternuwe 2.4 Fortuner 4×2-handrat rond.

Kyk hier na van die pret:

 

Hou Maroela Media dop om  jou kans te kry om in te skryf vir die Fortuner Challenge – dalk is dit volgende keer jou beurt!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.