Simola se Saterdag-superhelde …

(Foto: Rob Till)

Saterdag het gesorg vir enorme pret op die Simola-heuwel. Die program het iewers deur die loop van die oggend effens agtergeraak en dus is daar besluit om die een oefensessie te skrap. Daar was dus drie oefensessies en drie kwalifiserende rondtes.

Andre Bezuidenhout het weereens sy staal gewys en sy status as King of the Hill verder bevestig in sy enkelsitplek-renmotor. Reghard Roets soek Franco Scribante se bloed en is vasberade om dié jaar in sy R35 Nissan GT-R te wen.

Voormalige Formule 1-renjaer Mika Salo en Petter Solberg van WRC- en WRX-faam kan nie uitgepraat raak oor die fantastiese byeenkoms wat Ian Shrosbree en sy span hier in Knysna aanmekaarsit elke jaar.

(Foto: Rob Till)

Tussen die drie Suzuki Swift Sport-buksies kon al drie jaers elke slag hul tyd verbeter teen die 1,9 km opwaarts. Wesley Greybe wat ʼn ervare jaer is wat gevorderde bestuurklasse aanbied, het die beste tye van die dag opgestel. Sudhir Matai, ʼn ervare motorjoernalis wat as renjaer ervaring het in die Polo-beker, het deur die loop van die dag sy ritme gevind en sodoende homself in die tweede plek geplaas tussen Greybe en Mtshakazi. Kumbi, ʼn groen nuweling, se tye is in die kol – hy moet net daai laaste halfsekond soek om die lewe vir Matai moeilik te maak.

Suzuki se Swift Sport is een van die min karre waarvan ek weet waar die outo vinniger is as die handratmodel. Dit is ook bewys dat mens nie ʼn enorme begroting nodig het om jou kar te geniet en aan motorsport deel te neem nie.

Oggend-opwarmsessie09:05 tot 09:45
Kwalifiserende rondte 410:05 tot 10:45
Kwalifiserende rondte 511:05 tot 11:45
Kwalifiserende rondte 612:05 tot 12:45
Middagete13:00 tot 14:00
Klasfinaal14:05 tot 14:50
Pad en supermotor: uitkloprondte14:55 tot 15:05
Gemodifiseerde sedanmotor: uitkloprondte15:10 tot 15:20
Enkelsitplek en sportmotor: uitkloprondte15:25 tot 15:35
Prysuitdeling16:00

Die wolke het vanoggend op Knysna toegesak en die baan is nat. Kom ons hoop dit droog uit voor vanmiddag se finale rondtes.

Kyk vandag se aksie regstreeks hier.

(Foto: Rob Till)

(Foto: Rob Till)

(Foto: Rob Till)

(Foto: Rob Till)

(Foto: Rob Till)

(Foto: Rob Till)

(Foto: Rob Till)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.