Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.
In hierdie week se episode vertel Jeanette en haar vriendin, Monica de Jager, meer oor hul duinepret met ’n Toyota Hilux Legend tydens die Atlantis 4×4-pretdag. Jeanette vertel ook meer oor die ‘VW Women in Automotion’-geleentheid en die impak wat dié dames maak. Hulle gee raad oor parkeer in trurat en die Wiele2Wiele-manne gaan speel in die sand met ’n tweeslag-motorfiets.
