Wiele2Wiele: Klein Suzuki-paneelwa beproef

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

In hierdie week se Wiele2Wiele-program word daar geredekawel oor die Mercedes-AMG C43 wat nou ’n 2.0 l viersilinder turbo-aangejaagde enjin het. Brendon Staniforth van Maroela Media deel sy indrukke van die Mercedes-AMG GLC 63 S E-Performance wat hy in Spanje ervaar het – dié is ook nie meer ’n V8 nie. Hulle gaan rits rond met die perfekte paneelwaentjie vir ’n klein besigheid – die Suzuki Eeco Van en gaan kuier weer by get\Worth vir hulle get\Crazy Oktober-promosie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.