Nou kan jy tekkies op jou troue dra

(Foto: Converse)

Die bekende tekkie-maatskappy Converse het ʼn nuwe reeks tekkies spesiaal vir troues uitgebring.

Dié nuwe troureeks is gemik op die bruid, bruidegom én die gevolg.

“Converse word gemaak met die mees innoverende tegnologie en is gemaak om die hele dag lank te dra, sodat jy in totale gemak tot laataand kan dans op jou troue,” het Converse oor die skoene gesê.

Van die tekkies in die reeks het blinkers of harte op. Ander het ook die woord “bride” of “groom” op en jy kan selfs jou eie unieke styl ontwerp deur jou troudatum of jou gevolg se name op die skoen te laat druk.

Hierdie skoene raak al hoe gewilder juis vanweë die gebruik om twee verskillende uitrustings na die trouseremonie en dan na die onthaal toe aan te trek.

Baie bruide verkies deesdae ʼn tradisionele trourok met hoëhakskoene vir die seremonie, waarna hulle iets gemakliker soos ʼn korter rokkie of katpak met tekkies aantrek vir die onthaal, waarin hulle die hele aand lank partytjie kan hou.

Converse se troutekkiereeks bevat skoene in klassieke wit, blompatrone, hartpatrone, pienk, rooi, swart of met blinkers op sodat enigeen wat lus is vir iets unieks by hul troue, dit hier kan vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

My suster het op ‘n plaas getrou en sy het meroonkleurtekkies gedra.

JANINE ·

Ag nee aarde – dis glad nie mooi vir ‘n troue nie. Tekkies bly maar tekkies – blinkertjies en al.

Reinhardt ·

My skoonsuster het met swart converse getrou en dit het fantasties gelyk.

VanAfrika ·

sies!!! ek dink dis lelik. Dit ontneem die vrouliheid van die bruiden haal die sprokie uit die troue uit. Daar is niks mooier as n sprokie troue met n pragtige hakskoentjie met n diamantjie of twee nie en dit hou die onskuld in die troue. Tekkies lyk so of dit in n boksgeveg gaan ontaard of dit lyk of dit in n “run-away-bride” gaan omskep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.