Ondersteun restaurante só tydens isolasie

Met die Covid-19 wat tot nasionale ramp verklaar is, bly mense eerder tuis as om in restaurante te gaan uithang.

Hoewel dit beter is om jouself eerder te isoleer om die verspreiding van die virus te voorkom, ly die kunste, klein sakeondernemings en restaurante finansieel onder dié isolasie.

Hier is maniere waarop jy steeds restaurante kan ondersteun tydens dié tyd:

Koop ʼn geskenkbewys

Hou sakeondernemings aan die gang deur nou ʼn geskenkbewys te koop wat jy later kan gebruik wanneer alles weer terugkeer na normaal. Dit sal nie net die restaurant finansieel help nie, maar wanneer jy uiteindelik gaan, sal dit voel soos ʼn gratis maaltyd omdat jy reeds betaal het!

Ondersteuning op sosiale media

Nou is die tyd om jou ervarings van restaurante op sosiale media te deel. Laat indrukke van jou goeie ervarings, “like” hul sakeprofiele en deel plasings as hulle promosies adverteer.

Bestel etes vir aflewering

As jy bang is om in ʼn restaurant te gaan sit, is aflewering die ideale oplossing. Reël wel dat die kospakkie buite jou deur gelaat word sodat persoonlike kontak minimaal is. Tel die pakkie met ʼn lappie op of spuit dit met ʼn sanitêre sproei voordat jy dit hanteer. Was jou hande weer voordat jy die kos na jou bord oorplaas.

Verhoog jou fooitjie

Wanneer jy wegneemkos bestel of in ʼn restaurant eet maak seker jou fooitjie is groter as gewoonlik om só die restaurant finansieel by te staan.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Van wanneer af ondersteun jy ‘n restaurant finansieel deur jou fooi te verhoog?

Vriendelike Frikkie ·

Die hele situasie klink vir my verkeerd. Jy is klaar bang om uit te gaan weens die virus. Nou bestel jy aanlyn en die kos word afgelewer. Omdat jy bang is vir die virus word alles met handskoene hanteer en skoongespuit met alkohol en wat nog. Dan gaan jy en jy sit hierdie kos wat so wantrou word en JY EET DIT?! As ek nie die restaurant se mense vertrou nie, is daar nie ‘n manier hoe ek hulle kos in my mond gaan sit nie. Maak net nie sin nie.

Anoniem ·

Jammer maar ons almal gaan deur n moeilikke tyd. Dit is dalk nou ook net die regte tyd waar restaurante kan besin oor die uitbyting van die publiek met hul belaglikke pryse vir kos en drank
Ek support hul glad nie. Ek en my vrou maak ons eie kos dan weet ons dit smaak lekker en is skoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.