Aandagafleibaarheid: 6 dieetaanpassings kan jou kind help

(Foto verskaf)

Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHV of ADHD) raak talle kinders en tieners in Suid-Afrika, en hoewel dit met medikasie behandel word, toon navorsing dat dit wat jy eet ook AGHV-simptome kan beïnvloed.

Mbali Mapholi, ʼn dieetkundige, sê daar word deurlopende navorsing gedoen om te bepaal wat die verband is tussen ʼn kind se dieet en die simptome van AGHV.

“Dit is ʼn neuro-ontwikkelingstoestand wat gekenmerk word deur onoplettendheid, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit. Die presiese oorsaak hiervoor is kompleks en word nog nie ten volle verstaan nie.”

Sy sê hoewel geen twee kinders dieselfde is nie, dui sommige navorsing daarop dat voedingstekorte, dieetpatrone, voedselsensitiwiteite en bloedsuikervlakke tog AGHV-simptome kan beïnvloed.

“Dit is byvoorbeeld belangrik om aandag te gee aan tekorte aan vitamiene en minerale, potensiële snellervoedsel te vermy en stabiele bloedsuikervlakke deur ʼn gebalanseerde dieet te handhaaf. Dit is egter van kardinale belang om dieetveranderinge versigtig en in samewerking met ʼn dieetkundige te benader, aangesien dit bewysgebaseerde behandelings soos gedragsintervensies of medikasie moet aanvul, en nie vervang nie.”

“Die bestuur van die dieet van ʼn kind met die sindroom behels die maak van deurdagte en strategiese keuses om hul algehele welstand te ondersteun. Hoewel daar nie een maklike oplossing vir almal is nie, is daar ʼn paar praktiese aanpassings wat jy kan oorweeg.”

Hier is Mbali se ses dieetwenke om AGHV beter te bestuur:

  1. Gevarieerde dieet

Verseker jou kind se daaglikse dieet sluit ʼn verskeidenheid groente, vrugte, vol grane, maer proteïen en gesonde vette in.

Wenk: Snoepgoed moenie peuselhappies vervang nie. Beperk verwerkte voedsel, soet versnaperinge en gaskoeldrank, want dit kan bydra tot vinnige energiepieke en ineenstortings as dit as lekkernye geëet word.

  1. Omega-3-vetsure

Sluit kos in wat ryk is aan omega 3-vetsure, soos vetterige vis. Mbali stel vis voor soos pilchards en gerookte salm; sade soos vlassaad en chia-saad, en neute soos okkerneute.

Wenk: Probeer heerlike, vinnige smoothie-resepte waarvan jou kind sal hou, met sade daarin. Of maak ʼn pastagereg met pilchards, wat ’n kindervriendelike maaltyd is wat beslis jou kind se omega 3-inname ’n hupstoot gee.

  1. Proteïenryke kos

Sluit proteïen by elke maaltyd in van bronne soos maer vleis, wat pluimvee, vis, eiers, suiwel, peulgewasse en neute insluit.

Wenk: Voeg hoenderrepies of “nuggets”, gekookte eiers, jogurt, neute en neutbotter by jou kind se dieet in klein hanteerbare hoeveelhede deur die loop van die dag.

  1. Vermy kafeïen en suikerryke drankies

Beperk kafeïen-inname aangesien oormatige kafeïen kan bydra tot rusteloosheid en jou kind se slaap negatief kan beïnvloed. Daar is geen duidelike kafeïenaanbevelings vir kinders en tieners nie, so dit word aanbeveel dat hulle eerder kafeïen heeltemal vermy. Maak seker dat jou kind gehidreer bly deur dag deur genoeg water te drink aangesien dehidrasie kognitiewe funksie kan beïnvloed.

Wenk: Bedien gerus Laager-rooibostee, wat kafeïenvry en suikervry is, aan jou kinders. Dit is ʼn veelsydige drankie wat warm bedien word of in heerlike tuisgemaakte rooibosystee. Jy kan vrugte en kruie by die tee voeg. Laager Tea4Kidz het ʼn reeks heerlike geure wat kinders kan geniet.

  1. Ysterryke kosse

Sluit ysterryke kosse soos maer vleis, boontjies, lensies en versterkte graan in, aangesien yster belangrik is vir kognitiewe funksie.

Wenk: Voeg ingemaakte rooi nierbone in toevoupakkies (wraps) in, begin die dag met ’n bak versterkte graankos met melk en ʼn porsie vrugte, of voeg lensies by pastageregte soos spaghetti bolognese.

  1. Gereelde maaltye en versnaperinge

Kinders met AGHV kan sukkel om groot porsies kos te eet, so streef eerder na kleiner, maar gereelde maaltye en versnaperinge om bloedsuikervlakke stabiel te hou en voorkom ʼn skielike daling in energievlakke wat jou kind se aandag en buie kan beïnvloed.

Wenk: Bied tydens maaltye kos voor ʼn drankie aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.