Die 40/40-beginsel: ’n Transformasie van liefde en sorg vir ons kinders

huiswerk-frustrasie-leer-skootrekenaar

Foto: JéShoots/Pixabay.com

Leer ons nog ons kinders wat dit is om deursettingsvermoë te hê?  Of is jy jou kinders se struikelblok as gevolg van jou leefstyl.  Begin jy iets en maak dit nooit klaar nie? Laat jy hulle toe om op te hou nog voor die taak voltooi is? As jy langer kon aanhou, sou jy die eindresultaat waardeer.

In ’n samelewing waar tyd ’n kosbare en dikwels skaars hulpbron is, stel die 40/40-beginsel ’n uitdaging aan ouers voor: om vir ’n periode van 40 weke, 40 keer te wy aan die bereiking van ’n spesifieke doelwit saam met hul kinders. Hierdie doelwit, wat emosioneel, fisiek, akademies of terapeuties kan wees, is ’n manier om volgehoue energie in die opvoeding van kinders uit te lig en ’n lewensveranderende impak te maak, hetsy ʼn aktiwiteit wat julle aanpak, ekstra klasse wat bygewoon moet word, netbal‑ of rugby‑oefeninge, kunsklasse of selfs terapiesessies.

Suzette Van Rooyen, rekreasiekundige van Helpende Hand by die Ons Sentrum in Pretoria-Noord (Foto verskaf)

Die waarde van volgehoue energie in ’n saak is onbetwisbaar. Dit is binne hierdie konteks dat die maatskaplike werkers van Helpende Hand Ons Sentrum getuig van die ontsaglike waarde en opbrengs van die positiewe impak van volgehoue terapie. Vandaar dan die oproep tot die uitleef van die 40/40‑benadering wat nie net ’n klimaat van sekuriteit kweek nie, maar ook roetine, voorspelbaarheid en positiewe gedragsverandering by kinders sowel as “grootmense” vestig.

By die Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum is daar soveel mooi suksesstories van kinders wat deur volgehoue terapie ʼn nuwe wêreld anderkant trauma kon ontdek.  Emma se storie was een van die suksesverhale.  Emma* was ʼn produk van omstandighede. Sy is van die ouderdom van 11 jaar herhaaldelik deur haar stiefpa mishandel. ʼn Besorgde ouma het kom aanklop vir hulp nadat Emma in haar pleegsorg geplaas is. Angs, swak selfbeeld, nagmerries en, as gevolg hiervan, ook swak akademiese vordering was die spore wat agterlaat is van jare se emosionele en fisieke mishandeling. In die gesig van trauma het die 40/40-beginsel ’n ligpunt in Emma se lewe geword.  Die aanmoediging en ondersteuning van ʼn ouma wat Emma getrou vir ʼn jaar lank, elke week aangery het na die terapiesentrum, se resultate was verstommend. Emma het nie net fisieke genesing ervaar nie, maar ook ’n diepgaande emosionele genesing deur volgehoue terapie en aandag geïnspireer deur ʼn liefdevolle ouma. Die siening van die wêreld het vir Emma verander.  Sy het ’n gevoel van sekuriteit gevind in die volgehoue sorg, liefde en terapie wat aan haar gebied is, en hierdie nuwe realiteit het ’n kern van positiewe gedragsverandering gevorm.

kind-bou-lego-helpende-hand-pixabay-tho-ge.jpg

Foto: pixabay.com/tho-ge.jpg

Opgeleide terapeutiese maatskaplike werkers soos by die Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum, getuig dat die 40/40-beginsel nie net ’n individu nie, maar ook gesinne as geheel transformeer. Dit skep ’n ruimte waar liefde en sorg vir kinders ’n lewenslange impak maak en ʼn gevoel van behoort skep en daardeur hulle toerus vir ’n suksesvolle toekoms.

Die 40/40-beginsel is nie slegs ’n uitdaging nie; dit is ’n roeping tot ’n transformerende reis van liefde, sorg en volgehoue optrede om toegewyd te wees tot die verandering wat jy wil sien. Mag dit nie net ’n oproep wees nie, maar ’n manier van lewe wat die volgende geslagte beïnvloed en die grondslag lê vir ’n helder en hoopvoller toekoms.

Foto ter illustrasie. (Foto: Jeshoots/Unsplash)

Die “Bemagtig ’n Kind”-fonds, ’n inisiatief van Helpende Hand, speel ’n onontbeerlike rol in die lewens van kinders soos Emma deur hulle toegang te bied tot die onskatbare diens van omgee-terapeute by Solidariteit Helpende Hand se Ons Sentrum. Ons is pynlik bewus van die realiteit dat vele kinders nie die voordeel van terapeutiese ondersteuning geniet nie, hoofsaaklik weens die finansiële beperkings. Dit is hier waar ons donateurs ’n kritieke verskil maak. Hul bydraes verseker dat hierdie noodsaaklike diens nie net ’n voorreg vir ’n paar is nie, maar ’n beskikbare hulpbron vir alle kinders in nood. Hierdie vorm van ondersteuning is nie net ’n belegging in die welstand van individuele kinders soos Emma nie, maar ’n belegging in die toekoms van ons samelewing.

As jy vandag hier lees, vra ons jou hulp om seker te maak dat ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan wees. Besoek asb. www.bemagtignkind.co.za om ʼn bydrae te maak of stuur gerus ’n e-pos aan [email protected].

Deur Suzette Oosthuizen, hoof van sentrums en nasionale strukture – Solidariteit Helpende Hand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.