Hou die kinders besig dié vakansie met ʼn prettige aktiwiteitsgids

Corien Kruger, eienaar van MommaMia (Foto verskaf)

Die eerste drie jaar van ʼn kind se lewe is wat ons die “goue jare van ontwikkeling” noem, aangesien 80% van ʼn kind se neuronverbindings in dié tydperk in die brein gevorm word.

MommaMia bemagtig ouers om ‘n omgewing van speelse verbinding te skep, verhouding te bou en belangrike vaardighede in elke baba en kleuter te ontwikkel.  Met meer as 700 ouderdomspesifieke aktiwiteite, gerieflik verpak in ‘n speel-by-die-huis-app, sal MommaMia jou aktiwiteitgids wees hierdie vakansie.

Hier is ‘n paar kreatiewe aktiwiteite uit die app om die kinders se verveeldheid te oorkom.

Prettige buite-aktiwiteite vir alle ouderdomme

  • Teken met bordkryt:

’n Pakkie gekleurde bordkryte kan die kinders vir ure besig hou met kreatiewe tekeninge op die sypaadjie of stoep. ‘n Goeie idee is om jou kind se lyfie af te teken en dan jou kind aan te moedig om hulle gesig (oë, neus, mond ens.) te voltooi, klere te teken en in te kleur. Hierdie aktiwiteit is wonderlik om ons kinders van hul lyfies te leer, liggaamsdele te benoem en om te verstaan waar al die liggaamsdele hoort. Sluit hierdie aktiwiteit af deur die kinders toe te laat om met water oor hul tekeninge te verf met verfkwaste of verfrollers. Skoonmaak met water was nog nooit soveel pret nie en is uitstekend vir die ontwikkeling van groot- motoriese vaardighede.

(Foto verskaf deur MommaMia)

  • Kreatiewe tuinmaak:

Gebruik ‘n plastiek bompot en plak ‘n paar stroke maskeerband in vertikale en diagonale lyne oor die pot. Sodoende skep jy ‘n verskeidenheid oop spasies wat jou kind in verskillende kleure kan verf deur óf ‘n verfkwas óf hul vingers te gebruik.  Sodra die verf droog is, laat hulle jou help om die maskeerband af te trek om ‘n pragtige, kleurvolle skepping te onthul. Pluk ‘n paar vetplante uit jou tuin en laat jou kind hul eie kreatiewe vetplanttuintjie maak.

(Foto verskaf deur MommaMia)

Prettige binnenshuise aktiwiteite vir alle ouderdomme

  • Skep ’n dorp, plaas of renbaan:

Gebruik verskillende kleure isolasieband en skep jou eie dorp, plaas of renbaan op ‘n teëloppervlak in jou huis. Maak paaie en parkeerplekke, of plak vierkante wat as beeskrale kan dien indien jy ‘n plaas bou. Gebuik speelgoed plaasdiere of karretjies en bou ‘n paar huise met Lego-blokkies. Hierdie is ‘n kreatiewe en prettige aktiwiteit wat almal kan geniet en sal die kinders ure bedig hou.

(Foto verskaf deur MommaMia)

  • Teken-in-die-boks:

Teken- of krabbelaktiwiteite is altyd ‘n prettige gunsteling, daarom kan jy tekentyd opkikker deur ‘n groot boks nader te trek waarin jou kind kan sit. Gee vir hom/haar ‘n paar kryte en laat jou kind vrylik hul tekenvaardighede oefen terwyl hulle gerieflik in die boks sit. Hierdie aktiwiteit ontwikkel fyn en groot motoriese vaardighede en sal die kinders te heerlik vermaak.

(Foto verskaf deur MommaMia)

Geniet dit om kosbare herinneringe te maak, tonne pret te hê en jou kind te ontwikkel gedurende hierdie feesseisoen. Koester hierdie goue jare van jou kind se ontwikkeling, want om te sien hoe jou kind die lewe geniet, maak die lewe werklik besonder spesiaal. Vir meer inligting en aktiwiteite soos hierdie, laai die MommaMia-app vandag af by www.mommamia.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.