#JouYster-wenner bied opleiding by Cosmo Training Academy

Rozanne Herion (Foto verskaf)

Rozanne Herion is op 20 Julie 2023 as die wenner van die Solidariteit #JouYster-kompetisie aangewys. Dit is ʼn toekenning aan die top- ambagsman/vrou in die Solidariteit-netwerk.

“Dit is vir my ʼn absolute eer om hierdie toekenning te kon wen, dit dien vir my as erkenning vir die harde werk wat ek ingesit het om te kan wees waar ek is vandag is in my loopbaan,” sê Rozanne.

“As ambagsvrou was dit moeilik om myself in die sweisbedryf te bewys en dit het harde werk geverg om te bewys my liggaam en geslag het niks met my talente en sukses te make nie.”

Rozanne het in Maart 2023 as sweisfasiliteerder by Cosmo Training Academy begin. Sy het in 2004 metallurgiese ingenieurswerke begin studeer, maar toe beurse opgeskort is, moes sy haar studies staak en begin werk.

In 2011 het sy haar passie vir sweis ontdek terwyl sy haar vakleerlingskap gedoen het en daarna het sy elke dag net meer en meer passie vir hierdie ambag ontwikkel.

“Dit voel nie asof ek ʼn dag werk nie, ek geniet wat ek doen. Om studente op te lei en die trots van my studente te sien wanneer hulle goeie sweiswerk ontdek, is ʼn groot eer. Van my studente van 2015 af kontak my steeds om hul suksesverhale met my te deel. Dit maak my terselfdertyd trots en nederig omdat hulle my bedank en prys vir die impak wat ek in hul lewens gemaak het sodat hulle hoë hoogtes kan bereik.”

Vir Rozanne is goeie vakmanskap en trots in jou werk van uiterste belang. “Ek glo vas dat dit die sleutel is tot kwaliteit werk, want dit kweek dan ook ʼn sin van waardering vir die ambag in die student; wat ek glo lei dat hul aanhou streef om goed te bly doen in hul ambag.”

Cosmo Training Academy is trots op Rozanne en beskou haar as ʼn groot aanwins vir die akademie. “Ons sien uit daarna om hoë hoogtes saam met haar te bereik,” voeg Emma Britz, hoof van Cosmo Training Academy, by.

Cosmo Training Academy is geleë in Pretoria, Silverton. Die akademie se hooffokus is op sweisopleiding en sluit die volgende in:

  • sweismasjien-opleiding waar jy vir ʼn dag lank leer hoe om die sweismasjien te gebruik wat jy gekoop het;
  • basiese sweiskursus van 5 dae;
  • internationale IIW-diploma; en
  • QCTO Seta- geakkrediteerde kursus wat die rooi seël in die sweisbedryf insluit.

Ons bied ook verskeie sagtevaardighede-kursusse aan wat onder andere die volgende insluit:

  • gedrag in die werksplek;
  • kliëntediens;
  • leierskap, ens.

Ons bied ook wetlike aanspreeklikheidskursusse aan, soos:

  • noodhulp;
  • brandbestryding, ens

Cosmo Training Academy stal by die Sakeliga KragDag Sentraal 2023 uit van 9-12 Augustus, op Diamantvallei Landgoed, net 20 km oos van Pretoria. Kaartjies vir hierdie Alternatiewe Energie en Selfstandigheid Ekspo beloop R50 per volwassene aanlyn en kinders onder die ouderdom van 18 kan die ekspo gratis bywoon. Koop jou kaartjie vandag nog by waantu.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.