Luister: Kenner sê dít is waarom lees belangrik is

Foto ter illustrasie. (Foto: Johnny McClung / Unsplash)

Lees is nie net belangrik vir ʼn kind se akademiese ontwikkeling nie, maar ook vir psigiese en persoonlike groei.

In Maroela Media se ses-episode lange podsendingreeks oor lees, het ons met Christien Neser, spraakterapeut en jeugromanskrywer oor die belangrikheid van lees gesels.

In dié reeks werp sy lig op onderwerpe soos eksamen, luisterboeke, struikelblokke, uitdagings en oplossings vir leesprobleme.

Indien jy enige van die episodes misgeloop het, luister dit hier:

Episode 1: Dít is waarom jou kind moet lees

In die eerste aflewering van die reeks, het ons met Christien oor die verskeie voordele wat lees inhou gesels.

Luister dit hier:

Episode 2: Wanneer moet ek vir my kind begin lees?

In die tweede episode van die reeks, werp Christien lig op hoe vroeg ouers vir hul kinders behoort te begin lees.

Luister dit hier:

Episode 3: Raad vir angstige gr. 1-ouers

In dié episode gesels Christien oor hoe senutergend ʼn kind se eerste skooljaar kan wees, en gee raad vir ouers oor hoe dit aangepak moet word.

Luister dit hier:

Episode 4: Lees my kind genoeg?

Christien werp lig op hoeveel kinders op verskillende ouderdomme moet lees.

Luister die episode hier:

Episode 5: Raad vir daai eerste eksamen

In die vyfde aflewering van die reeks, gesels Christien oor ʼn kind se eerste eksamen in gr. 4.

Luister die episode hier:

Episode 6: Oudioboeke ʼn ‘wonderlike alternatief’ – kenner

In die laaste aflewering van die reeks, werp Christien lig op luisterboeke, veeltaligheid en tieners se leesgewoontes.

Luister dit hier:

  • Hou Maroela Media dop vir nog interessante reekse en skakel in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.