Luister: Vind onderwysmodel wat karakter, kennis, vaardighede bou

sos-leierskapkongres-2018-daan-potgieter

Daan Potgieter uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) praat graag oor personeelerkenning en -motivering in die onderwys. (Foto: Verskaf.)

Die motiveringsafrigter René Arendse fokus in hierdie reeks van ses podsendings op die onderwys. Sy wil hoofde, onderwysers en ouers help om gemotiveerd te bly in hul roeping en rol in die onderwys.

In die eerste episode van hierdie reeks getiteld Die onderwys – Kom ons beweeg saam vorentoe, gesels sy met Daan Potgieter, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) en voormalige hoof van Hoërskool Waterkloof in Pretoria.

Arendse verken saam met Potgieter Suid-Korea en Finland se onderwysmodelle. Potgieter verduidelik wat hulle suksesvol maak en wat ons as Suid-Afrikaners by die lande kan leer.

Hulle gesels oor hoe ʼn ideale onderwysmodel in Suid-Afrika se unieke omstandighede sou lyk, wat ons reeds met die Covid-19-pandemie in die onderwys geleer het en hoe hoofde na die emosionele welstand van hul onderwysers en hulself kan omsien.

Kom luister na Potgieter se reaksie op vrae soos: Hoe is ons kinders benadeel deur die tradisionele lineêre benadering tot onderwys? Wat kan ons nou anders in die onderwys begin doen? Hoe meet ons sukses en geluk in die onderwys? Wat is die fondament van ʼn goeie onderwysmodel en hoe oorkom ons die vrees vir verandering en foute?

Onthou om volgende week weer in te skakel vir nog ʼn aflewering uit die reeks wanneer Arendse met kenners gaan gesels oor die rol wat ouers en onderwysers in die geestesgesondheid van ons kinders speel.

Besoek Arendse se webwerf vir meer inspirasie of volg haar op Facebook, Instagram en YouTube.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leonard ·

Dis bemoedigend dat daar oor onderwys op hierdie vlak gedink en gepraat word.

Daar is seker konsepte van Montesorri-onderwys wat nie misgekyk moet word as dalk nuttig nie, maar daar moet versigtigheid wees omdat Montesorri se oorsprong en uitgangspunte en belydende Christelike onderwys nie versoenbaar is nie. As daar na ander onderwysmodelle gekyk word, moet die vraag tog gevra word of ons werklik by uit-en-uit heidense volke soos die Koreane of die Finne ons onderwysmodel moet gaan soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.