Trusts kan kinders se studiedrome bewaarheid

 

Solidariteit Helpende Hand Studietrust fokus op gemeenskapontwikkeling deur middel van opleiding.

Die model bied rentevrye studielenings aan verdienstelike en behoeftige studente wat graag hulle studiedrome wil bewaarheid.

Die Studietrust kon al oor die afgelope 14 jaar altesaam 6 388 studente befonds met ʼn totaal van R271 miljoen.
Solidariteit Helpende Hand se Studietrust het ʼn nuwe veldtog van stapel gestuur, namens die Trustveldtog. Die doel van hierdie veldtog is om ʼn beroep te doen op trusts reg oor Suid-Afrika, wat graag in tersiêre opleiding van studente wil belê. Die trusts word genooi om met Helpende Hand Studietrust hande te vat en die organisasie toe te laat om hierdie taak namens die onderskeie trustees uit te voer.

Trustees word aangemoedig om by die Studietrust ʼn studiefonds te stig wat dan deur ʼn span van dinamiese fondsbestuurders en administrateurs bestuur word.

Vir meer inligting of indien jy graag betrokke wil raak by die Solidariteit Helpende Hand Studietrust, stuur ʼn e-pos na [email protected] of besoek die webwerf.

  • Luister gerus bo-aan hierdie artikel na ʼn gesprek met Zander Botha, ʼn fondsbestuurder van Helpende Hand Studietrust, wat met Maroela Media gesels oor die nuwe Trustveldtog wat pas afgeskop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.