Verruil jou stadskoene vir bosveldvellies

Die belangstelling vir die Jong Stadsboer Veldskool is oorweldigend. Dit is vanjaar die derde jaar wat dié opwindende veldskool by die Berchtesgaden Game Ranch and Lifestyle Farm in Vaalwater, Limpopo, aangebied word. Berchtesgaden sien uit om kinders te ontvang vir ‘n tyd wat hulle nooit sal vergeet nie!

Die jong Stadsboere, vir leerders van graad 8 tot 10, kom op 27 Maart by die plaas aan en vertrek weer op 2 April 2022. Die terugkeer is gewoonlik moeilik vir die kinders ná ʼn week van prettige aktiwiteite. Slegs 30 leerders kan inskryf, en jy moet dus opskud om seker te maak jou kind word ingeskryf. Indien daar plek beskikbaar is, sal jong stadsboere in graad 11 ook verwelkom word.

Die program se doel is om vir die jeug die geleentheid te gee om beide boer- en wildsplaasaktiwiteite te ervaar asof dit hul eie is. Ná ʼn vol dag op die boerplaas tussen die beeste, skape, hoenders, varke, kallers en lammers en die boerbokke of aktiewe dag in die bosveld op die spoor van ʼn koedoebul, keer alle stadsboere terug na die lodge waar hulle in ʼn veilige omgewing die stilte van die nag sal ervaar. Dit is ook hier waar hulle drie maaltye ʼn dag sal geniet en die ryk volroom melk wat hulle vanoggend van Jersey en haar maats gemelk het, sal drink – by die kanne vol. Het jy al vars volroom met Nesquik gedrink? Lipafleklekker!

ʼn Baie wye kurrikulum is voorberei deur ʼn geakkrediteerde span leiers met jare se ondervinding. Elke student stap weg met soveel kennis dat hulle waarskynlik kan begin boer – al is dit vir eers net in die agterplaas.

As jou kind energiek, lief vir die natuur, lief vir die breë boerderybegrip, avontuurlustig is en goed in die buitelewe kan funksioneer, sal hierdie ʼn week wees wat hulle nie moet misloop nie. Daar is so min geleenthede waar ons kinders werklik die vryheid van die natuur kan ervaar – bied hulle hierdie geleentheid; hulle is in veilige hande.

Klik hier vir meer inligting oor die Jong Stadsboer Veldskool en om jou kind in te skryf.

Die Stadsboer Veldskool is alombekend. Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Klik hier om die resensie van die vorige jaar se veldskool en die sukses daarvan te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.