Vyf redes om verlief te raak op alternatiewe onderrig

Deur Elmien Ackerman

Raak in hierdie maand van liefde weereens verlief op die moontlikhede wat alternatiewe onderrig jou kind kan bied. Tuisonderrig en aanlyn leer hou opwindende voordele in en kan ‘n lewenslange liefde vir leer by jou kind kweek en kan dalk net wees wat jou gesin hierdie Februarie nodig het. Hier is vyf redes waarom alternatiewe onderrig moontlik die perfekte (leer)pasmaat vir jou kind kan wees.

Kies die pas waarteen jy leer

Elke leerder is uniek, en wanneer dit by die perfekte (leer)pasmaat kom, is daar heel moontlik ʼn alternatiewe opsie wat aan jou kind se unieke behoeftes sal voldoen. Daarom bied Impaq twee unieke opsies. Leerders wat van ’n buigsame leerskedule hou, sal tuisonderrig verkies. Met Impaq Tuisonderrig kan jy as ouer die tyd, plek, lesmateriaal en tempo aanpas om by jou kind se unieke leerstyl en belangstellings aan te pas.

Leerders wat van ’n gestruktureerde benadering hou maar nie ʼn tradisionele skool as hul leer-valentyn kies nie, sal gaande wees oor die Impaq Aanlyn Skool. Hier volg leerders ʼn vaste rooster met klasse wat daagliks deur gekwalifiseerde onderwysers aangebied word, maar jou kind kan leer vanuit die veiligheid en gerief van hul eie huis of waar ook al jul leefstyl jul neem. Enige plek met ‘n internetverbinding kan jou kind se geliefde leertuiste word.

Kweek ʼn liefde vir leer

Tradisionele klaskamers, in hul strewe om spesifieke materiaal te dek, kan soms die natuurlike nuuskierigheid van jou kind smoor. Alternatiewe onderrig maak die deur oop vir verkenning en ontdekking en bied jou kind die geleentheid om ʼn liefde vir leer te kweek. Impaq se KABV-belynde lesmateriaal is spesiaal ontwikkel vir afstandsonderrig-leerders en verseker dat leer prettig en opwindend is.

Maar jy hoef nie net op handboeke staat te maak nie. Met die buigsaamheid wat tuisonderrig en aanlyn leer bied, kan jy alledaagse oomblikke in leergeleenthede omskep. Pas Wiskundebegrippe toe terwyl julle ʼn resep maak, besoek ʼn museum ter voorbereiding vir ʼn Geskiedenistaak of neem ʼn virtuele safari en leer meer oor soogdiere en reptiele. Jou kind bepaal waar hul leerreis hul neem.

Volg jou kind se passie

Leer is meer opwindend wanneer jy leer oor iets waarvan jy hou. Moedig jou kind aan om onderwerpe te verken wat hul belangstelling en nuuskierigheid prikkel – of dit nou is om te leer oor dinosourusse, die buitenste ruimte, mode of kuns. Beide Impaq Tuisonderrig en die Impaq Aanlyn Skool bied ʼn reeks keusevakke in graad 10 tot 12 aan wat nie altyd by tradisionele skole gevind kan word nie, soos Gasvryheidstudies, Ingenieursgrafika en Ontwerp, Inligtingstegnologie, Toerisme, en Visuele Kunste.

Alternatiewe onderrig gun jou kind ook die tyd om hul ander belangstellings en talente, soos dans, swem, golf of perdry, uit te leef. Die Suid-Afrikaanse swemmer Lara van Niekerk is ʼn uitstekende voorbeeld van ’n Impaq-leerder wat haar passie kon uitleef terwyl sy haar skoolloopbaan voltooi het. Lara is tans die Afrika-, Statebond- en Suid-Afrikaanse rekordhouer in die 50-meter-borsslag en ’n trotse oud-Impaq-leerder:

“Dit is nie maklik om so ’n besige skedule te hê nie, maar ek glo dat ’n goeie opvoeding baie belangrik is. Impaq laat my toe om my skoolwerk tussendeur my swem op my eie pas te bestuur en help my geweldig baie!” Alternatiewe onderrig bied buigsaamheid vir leerders wat hul passies wil uitleef en steeds matriek wil voltooi.

Groei saam as gesin

Alternatiewe onderrig bied ʼn unieke geleentheid aan ouers om in hul kinders se leerervaring te deel. Die leerreis word ‘n avontuur wat ouers en kinders saam stap, hand aan hand.

Tuisonderrig skep ‘n omgewing waar ouers en kinders saamwerk om nuwe dinge te ontdek en probleme op te los. Aanlyn skole moedig nou weer aktiewe ouerbetrokkenheid aan deur interaktiewe platforms en gereelde kommunikasie. Die ekstra tyd wat julle saam gaan deurbring, sal ongetwyfeld die band tussen julle versterk.

Fokus op meer as akademie

Terwyl tradisionele skole soms net op leerders se akademiese prestasies fokus, neem alternatiewe onderrig leerders se algehele welstand in ag. Weg is die boelies, groepsdruk en rigiede skedules. Met tuisonderrig kan jy as ouer seker maak dat jou kind ʼn goeie balans tussen akademie en ontspanning handhaaf.

Aanlyn onderrigplatforms soos die Impaq Aanlyn Skool fokus op meer as net akademie. Klasgroottes word beperk, wat individuele aandag fasiliteer en interpersoonlike verhoudings tussen onderwysers en leerders bou. Impaq Aanlyn Skool-leerders het ook toegang tot fiksheidsessies, ’n welstand-app en ’n berader.

Tuisonderrig en aanlyn leer bied ʼn geliefde alternatief tot die tradisionele klaskamer. Die individuele benadering van tuisonderrig en aanlyn leer plaas die fokus op jou kind sodat die leerreis presies by jou kind se unieke behoeftes pas. Loer gerus na Impaq se webwerf vir meer inligting, of besoek www.impaq.co.za om vir 2024 te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.