Breek weg voor die koue byt by ATKV-Goudini Spa

Droom jy oor bekorende wingerde en ʼn wegbreek in die hartjie van die Bolandse berge? Of smag jy selfs na borrelende pret in die Wes-Kaap?

By ATKV-Goudini Spa word elke gas deur pragtige natuurtonele en met ongekende gasvryheid verwelkom en is hierdie winter die perfekte vakansiebestemming vir jou!

Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa met sy helende mineraalbaddens en te veel pretdinge om in een vakansie in te pas.

ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. Aktiwiteite op die oord sluit in verskillende natuurlik verhitte swembaddens, ʼn warmwaterglyplank, tennis- en vlugbalbane, asook ‘n speletjieskamer en staproetes in die natuurskoon.

By ATKV Goudini Spa kan jy die skoonheid van die omgewing geniet terwyl jy ook die meeste uit jou verblyf kry. Daarbenewens, as jy ʼn minimum van twee nagte bespreek vir hierdie winterskoolvakansie, kry jy 25%-afslag op die hele verblyf! Breek weg voor die koue byt en geniet 25%-afslag op Slanghoekvillas Tipe A en B, asook luukse villas, vyfslaapkamer-, vierslaapkamer- en luukse vierslaapkamerrondawels as jy bespreek vir verblyf tussen 23 Junie en 17 Julie.

Hierdie promosie is vir beide lede en nie-lede beskikbaar, en is op beide inbel- en aanlyn besprekings van toepassing. Maak nou ’n draai voor die winter se koue begin byt. Waarvoor wag jy? Bespreek aanlyn by https://goudinispa.co.za/ of kontak die oord by 023 349 8100 en gun jouself die rus wat jou toekom hierdie winterskoolvakansie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.