Kyk rugby saam met oud-Springbok Hennie le Roux op sy wildsplaas

(Foto: Crown River Safari)

Rugby-entoesiaste word genooi om by oud-Springbok-Wêreldbekerwenner Hennie le Roux op sy wildsplaas in die Oos-Kaap aan te sluit om die Rugbywêreldbeker saam met hom te kyk.

Jy kan kies tussen ʼn tweenag-naweek of ʼn drienag-naweek om saam met Hennie te jag, vis te vang, te lag en die rugby saam met hom te geniet.

Alle gaste word deur professionele gidse, insluitend Protea-hengelaars en internasionaal gekwalifiseerde jaggidse bygestaan. Alle visvangtoerusting en aas word verskaf, maar kliënte is welkom om hul eie te bring. Daar word van jagters verwag om hul eie jaggewere te bring, maar beperkte vuurwapens is beskikbaar indien dit vereis word.

Hierdie eksklusiewe ervaring sluit vervoer na en van Gqeberha (Port Elizabeth) of Oos-Londen in asook heerlike etes, volgepakte koelbokse en middagetes vir kusuitstappies en jagdae.

Gratis wyn en bier word ook aangebied en indien jy voor 30 September 2023 jou plek bespreek en betaal, sal elke persoon ook gratis ʼn vlakvark mag jag.

Kom bly in ʼn vierster lodge en suites wat oor die Kariegarivier en Settlersdam naby Makhanda (Grahamstad) uitkyk. Die uitsig is werklik besonders!

 

(Foto: Crown River Safari)

(Foto: Crown River Safari)

Die tweenag-naweek kos R13 000 per persoon en die drienag-naweek kos R17 500 per persoon met 12 plekke wat vir elke naweek beskikbaar is.

Hierdie is ʼn beperkte aanbod tydens die Rugbywêreldbeker met slegs agt naweke beskikbaar. Bespreek al 12 plekke vir ʼn naweek en ontvang ʼn verdere 15%-afslag.

Besoek die webwerf www.crownriversafari.co.za om jou plek te bespreek.

Uitsig oor die lodge vanaf die water (Foto: Crown River Safari)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.