#MATRIEK-bootreis: Bespreek nou en kry 50% afslag

(Foto: Net Matrieks-bootreis/Facebook)

Die #MATRIEK-bootreis is ’n jaarlikse instelling waar graad 12’s die geleentheid kry om in ’n veilige omgewing saam met ander matrieks van reg oor die land hul skoolloopbaan op ’n luukse en luilekker hoogtepunt af te sluit. Dit terwyl jy as ouer gemoedsrus het.

Die #MATRIEK-bootreis van 2023 is nie net nog ʼn musiekkonsert nie; dis ʼn onvergeetlike ervaring vir vriende wat lewenslange herinneringe wil maak. Juniemaand is Jeugmaand, daar is dus ʼn allemintige afslag sou jy gedurende Junie 2023 bespreek.

Wat meer is, is dat die splinternuwe passasierskip Splendida vanjaar vir die eerste keer in Suid-Afrikaanse waters vaar. Met borrelbaddens, binne- en buite-swembaddens, ʼn kegelbaan, ʼn F1-simulator, topklas-vermaak en vyfsterrestaurante kan min ander vakansies hiermee kompeteer.

Finesse Voelgoed Tydskrif / Voelgoed Media het tot op hede al meer as 17 bootreise aangebied. (Foto: verskaf)

Kyk net wat alles by die prys ingesluit is:

  • ʼn Luukse kajuit
  • Alle etes in vyfsterrestaurante of op die dek
  • Alle die teatervertonings op die skip
  • Toegang tot die gimnasium
  • Early B, Justin Vega en Droomsindroom se vertonings
  • Sokkie op die dek
  • ʼn Bootrit na die eiland Pomene (indien die weer dit toelaat)
  • ʼn Voelgoed-geskenkpak
  • Geen beurtkrag nie

En ouers kan gerus wees dat hulle kinders veilig is.

Datum: 11-15 Desember 2023 van Durban na Pomene

Hoe werk die afslag?

As jy nou ʼn kaartjie vir een aankoop, kry jy 50% afslag op die tweede kaartjie. Dit is ʼn besparing van meer as R4 000.

Maak seker jy bespreek voor die einde Junie of skakel (011) 844-6073.

Hierdie aanbod is slegs geldig solank daar kajuite beskikbaar is, en vervoer na die hawe, hawebelasting en fooitjies is nie by die prys ingesluit nie.

Aangebied deur FINESSE Voelgoed Tydskrif en Voelgoed Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.