Soorte resepte:

Video: Martin Bester ‘kook en klets’ by Maroela Media

Martin Bester kuier in die Maroela Media-kombuis. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

Die sanger en Jacaranda FM-omroeper Martin Bester het besluit dat sy vierpotiges ook ʼn bederfie hierdie Kersseisoen verdien.

Hy het by die Maroela Media-kombuis kom kuier en ons gewys hoe om sy maklike pampoen-en-grondboontjiebotter-hondekoekies te bak terwyl hy heerlik klets oor sy liefde vir sy dierekinders, sy amateur-kookvernuf en hoekom sy ma vuil vadoeke veroordeel het.

Resep: Tuisgemaakte Kersfeeshondekoekies

Lewer minstes 25 koekies

Bestanddele:

  • 2½ koppies volkoringmeel
  • 2 groot eiers
  • ½ koppie gaar pampoen
  • 2 eetlepels grondboontjiebotter
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel gemaalde kaneel
  • 1 teelepel water, of meer indien nodig (opsioneel)

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei.
  2. Meng meel, eiers, pampoen, grondboontjiebotter, sout en kaneel in ʼn bak totdat dit ʼn deeg vorm.
  3. Gebruik jou hande om die deeg te knie en in ʼn bal te rol. Voeg 1 teelepel water op ʼn slag by indien nodig om die deeg werkbaar te maak.
  4. Rol die deeg sowat ½ cm uit met ʼn koekroller op ʼn meelbestrooide oppervlak.
  5. Druk die koekies uit die deeg met ʼn koekiedrukker in die vorm wat jy verkies en pak dit uit op die voorbereide bakplaat.
  6. Bak dit in die oond vir sowat 20-30 minute of tot goudbruin en droog. Groter koekies kan dalk bietjie langer vat om gaar te word.
  7. Laat dit afkoel voordat jy dit vir jou troeteldier gee om aan te knibbel.

* Die resep is veilig vir honde, katte én tweepotige mense-ouers.

Kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.