Só beïnvloed reuke jou gemoed

Argieffoto. (Foto: Unsplash/Laura Chouette)

Het jy geweet jou bui kan beïnvloed word deur die reuke rondom jou? ʼn Diep sitrusgeur soos lemoen, pomelo of suurlemoen kan jou byvoorbeeld meer energiek laat voel én jou gemoed lig.

ʼn Sitrusgeur is ʼn volronde geur wat energie, helderheid, vreugde en verfrissing wek, soos sprankelende, soet sonskyn in ʼn bottel.

Geraldine Augustine-Darwood van die parfuumhandelsmerk Gold Series sê terwyl die verband getrek kan word tussen geur en emosie, is dit bewys dat ons reuksintuig verbind is met die deel van ons brein wat emosionele reaksies beheer.

Dit beteken wanneer ons brein ʼn sekere reuk, soos laventel, geïdentifiseer het, het die reuk reeds ʼn emosionele reaksie soos selfvertroue, ontspanning en vreugde geaktiveer.

Namate ons die warmer maande betree, stel Augustine-Darwood voor dat ons kyk na parfuums wat die volgende geure bevat vir ʼn positiewe invloed op ons gemoed:

Sitrusnote

Die geur van sitrus is kalmerend en bevorder konsentrasie, veral wanneer jy angstig voel. Deur ʼn parfuum soos Beverly Hills van die Gold Series aan te spuit, kan jy kalmte bevorder terwyl dit steeds die sintuie prikkel. Suurlemoenskywe in warm drankies gee die immuunstelsel ʼn hupstoot en help met seer kele.

Laventel

Die reuk van laventel het ʼn strelende uitwerking op die senuweestelsel, wat help om angstigheid en hoofpyne teen te werk. ʼn Paar druppels laventel kan ʼn wonderlike toevoeging tot badtyd in die aand wees en dit kan selfs op jou bedlinne gespuit word om ʼn rustige nagrus te verseker.

Jasmyn

Jasmyn het ʼn opbouende geur wat help om gevoelens van optimisme, selfvertroue en positiwiteit te bevorder. Augustine-Darwood stel ʼn parfuumkeuse voor wat jasmyn bevat, soos die Gold Series se Serendipity-parfuum.

Kaneel

Hoewel dit algemeen beskou word as ʼn geur vir kouer maande, het kaneel stimulerende komponente wat sterk genoeg is om heeljaar lank gebruik te word. ʼn Kaneelreuk kan konsentrasie en fokus bevorder en help om geestelike uitputting te beveg. Voeg dit by jou koffie of tee in die oggend vir dieselfde uitwerking.

Uiteindelik kan ʼn reuk jou gemoed, konsentrasievlakke, geheue en emosies beïnvloed, alles elemente wat deel vorm van ons daaglikse lewe. Augustine-Darwood stel voor dat ʼn parfuum se geur gekies word na gelang van daardie element wat jou gemoed kan lig en balanseer in die soms oorweldigende wêreld rondom ons.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Belinda ·

As n man lekker ruik, prikkel dit my hormone. Sjoe dan wil ek hom opvreet. Daar is niks so aantreklik soos n skoon man wat lekker ruik.

Francois Le Cochon ·

Belinda, dan gebruik ek Old Spice en Brylcream net vir jou. Ek sal tevrede wees met jou Charlie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.