Twee pasgebore babas, vermoedelik ʼn tweeling, is Saterdag in ʼn stuk veld in Nooitgedacht, Muldersdrift gekry.
Ao. Hitler Ngwenya, woordvoerder van die polisie, sê ʼn patrolliemotor het gisteroggend op die twee babas in ʼn stuk veld op die hoek van Ou Pretoriaweg en Copperhousestraat afgekom. Die babas was in ʼn mandjie. Ngwenya sê een van die babas was reeds dood. Volgens Netcare911 is die ander baba in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die polisie ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Wat soek die polisie in n oop stuk veld, dalk een van hulle se girlfriends se kleintjies.
Hier moet ek cover vir die SAPD. Daar is nog goeie polisiemanne wat hulle naweke/nagte opoffer om polisiewerk te doen. Hulle deursoek velde/bosse/oop terreine vir leidrade tot moorde/diefstalle terwyl jy lekker in jou bedjie lê en slaap.