Die Valke gaan help om die moordsaak van Rudolph en Elma van Heerden van Belfast in Mpumalanga op te los.
ʼn Woordvoerder van die Valke het aan RSG gesê dit was ‘n goed georganiseerde misdaad wat onder die mandaat van die eenheid val en daarom ondersoek hulle nou die misdaad.
Maroela Media het vroeër berig ʼn onbekende aantal verdagtes het in die vroeë oggendure die egpaar (albei 79 jaar oud) in hul huis oorweldig. Die egpaar se huishulp het onraad vermoed toe sy omstreeks 08:00 by die huis opdaag en gesien het die huis is geplunder. Sy het die buurman in kennis gestel, wat die polisie ontbied het. Die egpaar se liggame is vasgebind in ʼn toegesluite vrieskas in ʼn kantoor in hul huis aangetref. Lees meer hier.