Anice Barnard Kruger, Pippie se ma, het Donderdag ʼn beroep op die publiek gedoen om vir dié klein wonderwerkie te bid.
In Pippie se ondersteuningsgroep op Facebook skryf Anice: “Vandag vra ek asseblief weer almal se gebede. Pips se arm word nie so gou gesond nie en veroorsaak infeksie. Asseblief bid saam dat dit genees anders sal hul dalk moet ’graft’ om die wonde toe te maak en van die begin af het ekke gebid dat sy nie ‘gegraft’ moet word nie. Seblief julle, met God is niks onmoontlik nie. Wys my as mamma dat my geloof sterker as ooit moet wees want die duiwel se aanslae op haar het nie 2012 gestop nie. Hoop almal het ‘n lekker daggie.” [sic]
Dit is nou skaars meer as ‘n jaar sedert Pippie ‘n noue ontkoming gehad het ná sy voorverlede jaar op Oujaarsaand 80% derdegraadse brandwonde by ‘n braaivleisvuur opgedoen het.
Ons bid saam jou sterkte
sterkte klein engeltjie die Here sal jou aanraak en die wonde genees deur alles was Hy daar vir jou en jou ouers Hy sal ook daar wees met jou armpie niks is vir Hom onmoontlik nie, deur geloof en vertroue in Hom kan jou armpie gesond word ons gebede is met jou