ʼn 25-jarige vrou van Johannesburg is glo Maandag deur ʼn vrou beroof wat haarself as ʼn blinde persoon voorgedoen het.
“Die ‘blinde’ vrou het twee medepligtiges gehad,” het adjudant-offisier Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê. “Een van die medepligtiges het die slagoffer genader en gevra of die vrou sy ‘blinde’ vriendin oor ʼn besige straat in die middestad kan help.”
ʼn Derde persoon het die vrou toe glo genader en gewaarsku dat die ‘blinde’ vrou en haar vriend grypdiewe is en dat sy moet seker maak of sy nog al haar besittings het. “Sy het haar beursie oopgemaak waarna die persoon, wat haar kamstig kom help het, dit glo gegryp en weggehardloop het. Die ‘blinde’ vrou en die ander verdagte het daarna die slagoffer se trouring van haar vinger af gegryp en ook weggehardloop.”
Die polisie het later al drie verdagtes in hegtenis geneem terwyl hulle by ʼn plaaslike kroeg gekuier het. Hulle moet binnekort in die hof verskyn.
en dit is dan een van die redes waarom ek nie help of geld gee vir die talle “blindes” wat bedel.