Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 16 April en wat ons Woensdag, 17 April, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Dinsdag 16 April 2013
‘Modimolle-monster’: Kotze getuig
Johan Kotze het Dinsdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê dat hy nooit bedoel het om sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, seer te maak nie.
DA wil SAR-dokument sien
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag gesê daar is nog onbeantwoorde vrae oor die kontrak wat met die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) gesluit is wat uiteindelik daartoe gelei het dat Suid-Afrikaanse troepe in dié gebied ontplooi is nie.
Skokvideo: Vyf vas ná ouma se aanranding
Twee van die vyf mense wat van die aanranding op ‘n vrou aangekla word en die voorval afgeneem het, is Dinsdag op borgtog in die Nebo-landdroshof vrygelaat.
Twee TopTV-kanale sluit
TopTV het aangekondig dat twee van sy kanale van Woensdag af nie meer vertoon sal word nie.
Swemkampioenskap uitgestel weens vuil swembad
Die tweede dag van die Suid-Afrikaanse swemkampioenskap in Port Elizabeth is uitgestel weens die swak gehalte van die water by die Newtonpark-swembad.
Sagteware: Afrikaanse Skryfgoed 4
Die nuwe Afrikaanse SkryfGoed 4 is nou beskikbaar vir almal wat foutlose Afrikaans wil skryf.
Skokvideo: Mans rand ouma wreed aan wat glo steel
ʼn Bejaarde vrou wat van winkeldiefstal verdink word, is wreed deur ʼn groep mans met ʼn hamer, gordel, toue en selfs ʼn besemstok geslaan.
DBV kla sirkus aan van mishandeling van olifant
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ʼn klag van dieremishandeling teen die Brian Boswell-sirkus aanhangig gemaak nadat ʼn selfoon-video van twee sirkuswerknemers wat olifante slaan, aan die lig gekom het.
Meyerton-skoolmeisie by hoërskool aangeval
ʼn Tienermeisie is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal nadat sy Dinsdag by ʼn hoërskool in Meyerton glo met ʼn mes in die nek gesteek is.
Video: Só verf jy maklik jou huis
Gav en Dan, die SlowMo Guys, steek klappertjies in naellakbotteltjies om dit teen 15 000 raampies per sekonde af te neem wanneer dit ontplof.
40 sover dood in aardbewing by Iran
Ten minste 40 mense is dood in ʼn groot aardbewing naby die Iran-Pakistan-grens.
‘Blinde’ beroof jong vrou
ʼn 25-jarige vrou van Johannesburg is glo Maandag deur ʼn vrou beroof wat haarself as ʼn blinde persoon voorgedoen het.
Germiston-brand: Nog ʼn kind se liggaam gekry
Die liggaam van ʼn vierde kind is Dinsdag in die puin van ʼn afgebrande huis in Germiston, oos van Johannesburg, gevind.
Twee gevangenes soek in Brits-omgewing
Die Noordwes-polisie het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na twee gevaarlike gevangenes wat Maandag uit aanhouding by die Losperfontein-gevangenis buite Brits ontsnap het.
Vermiste Kaapstad-man dood aangetref
ʼn Man van Kaapstad wat sedert Saterdag vermis word, is Maandag dood in sy voertuig aan die onderkant van ʼn krans opgespoor.
Liggaam van bejaarde vrou gevind
Die liggaam van ʼn bejaarde vrou is in haar huis naby Queenstown in die Oos-Kaap gevind.
Gedagte vir die dag: Hoor om te glo
Gedagte vir die dag.
Nuwe boek: As die wind kom draai
Soos in sy roman Die pad na Skuilhoek loop Hans du Plessis met As die wind kom draai op die spore van die vroeë Voortrekkers die onverkende tegemoet, en bring ‘n verhaal wat soos rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.
Gedig: Sproeireën
DJ Opperman se bekende gedig, Sproeireën