ʼn Bekende boer van Secunda het Woensdag vlugtig in die landdroshof verskyn op aanklag van die onsedelike aanranding van minderjariges.
eNuus het berig dat die man, in sy 50’s, glo twee seuns van onderskeidelik 6 en 10 jaar seksueel aangerand het. Die beskuldigde kan nie geïdentifiseer word aangesien hy nog nie gepleit het nie. Die seuns se ma het glo bewus geword van die beweerde voorval toe sy verlede jaar ʼn vreemde gesprek tussen haar twee seuns gehoor het. Die seuns beweer die man het hulle onsedelik aangerand toe hulle by hom op sy plaas buite die dorp gaan kuier het. Die saak is gister tot Junie uitgestel omdat die landdros siek was. Die kinders ontvang sielkundige berading.