ʼn Botsing tussen ʼn motor en ʼn vragmotor Vrydagoggend op die N3 naby Camperdown het daartoe gelei dat die helfte van ’n gesin uitgewis is
ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die gesin van vier was op pad na Durban toe die ongeluk plaasgevind het. “Die ma en een van die gesin se dogters is op die toneel dood.” Banks sê die ander dogter is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer. Hy sê die pa is ook ernstig beseer en moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die ma se liggaam moes ook uit die wrak verwyder word.