Chanelle Henning-moord: Valke voer klopjagte uit

Die Valke het Donderdagoggend op verskeie eiendomme van Nico Henning, die vervreemde man van die vermoorde Chanelle Henning, toegeslaan om dit te deursoek.

“Ons het lasbriewe vir vyf van Nico se eiendomme,” het kolonel McIntosh Polela, woordvoerder, bevestig. Polela wou nie sê waarvoor hulle soek nie, slegs dat dit deel is van ʼn wyer ondersoek vorm.

Hy het benadruk dat Nico nie ʼn amptelike verdagte in Chanelle se moord is nie. “Hy is by sy huis by Hartbeespoortdam en gee sy volle samewerking.”

Chanelle is in November in Faerie Glen, Pretoria, deur ʼn man op ʼn motorfiets doodgeskiet na sy haar seun by sy kleuterskool afgelaai het. Nico is kort daarna ondervraag maar geen klagtes is teen hom gemaak nie.

Willem Pieterse en Gerhardus du Plessis dien reeds ʼn vonnis van 18 jaar uit vir hul aandeel in die moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.