Dodetal styg na busramp in Knysna

@zainjohnson het die foto op Twitter geplaas.

Minstens agt kinders is dood en talle beseer nadat die bus waarin hulle gery het die pad verlaat het en in ‘n dam in Rheenendal in Knysna beland het.

ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser het aan Maroela Media bevestig dat die aanvanklike dodetal van twee nou op minstens agt staan. Visser sê die ongeluk het omstreeks 08:10 Woensdagoggend plaasgevind. Visser sê meer as 35 kinders is in die ongeluk beseer. Dit is egter nog nie duidelik wat presies gebeur het nie of van watter bus die skool is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.