Drie renosters onthoring in Oos-Kaap

Foto: www.rhinoconservation.org

Drie renosters is onthoring op ʼn wildsplaas naby Kenton-On-Sea in die Oos-Kaap.

Kapt. Paul Ramaloka, woordvoerder van die Valke, sê ʼn wildbewaarder het toeriste op ʼn wildrit gevat toe hulle op die drie renosters afgekom het. “Hy het onmiddellik die wildsplaas se eienaar in kennis gestel en hy het ʼn veearts en die polisie ontbied.” Ramaloka sê een van die renosters was reeds dood toe die polisie op die toneel aangekom het. Die ander twee renosters is in ʼn kritieke toestand. Ramaloka sê ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat die renosters met pyle geskiet is waarna hulle horings verwyder is. Die polisie ondersoek ʼn saak van renosterstropery.

Maroela Media het gister berig dat ses renosters doodgemaak en drie gewond is op ʼn plaas in Amalia naby Schweizer-Reneke, Noordwes. Hulle horings is verwyder. Die karkasse is sowat 2km van mekaar gevind op die plaas Hastrzhoogte. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.