“Ek is ‘n Afrikaan” sê De Klerk aan Europa

Oud-pres. FW de Klerk

Oud-pres. FW de Klerk

Oud-president FW de Klerk het Vrydag in Den Haag tydens die 12de Europese lesing sy eie weergawe van voormalige pres. Thabo Mbeki se “Ek is ‘n Afrikaan”-toespraak gelewer.

“My voorvaders was Hugenote uit Frankryk wat in 1688 via Holland na Suid-Afrika toe gekom het,” het hy in sy toespraak gesê. “My kultuur, soos die kulture van so baie mense regoor die wêreld, is deurtrek met ongeëwenaarde literatuur, kuns en musiek uit Europa. En steeds is ek ‘n Afrikaan.”

Ondanks diep wortels in die Europese kultuur, identifiseer De Klerk met Afrika en beskou homself as ‘n Afrikaan. “Ek streef daarna om sy belange in verhouding met die res van die wêreld te bevorder, en ek ondersteun sy sportspanne wanneer hulle spanne van ander kontinente aandurf.”

De Klerk sê die dinamika tussen Afrika en Europa het die afgelope paar jaar verander weens die vinnige groei in Afrika, terwyl Europa se aansien wêreldwyd afneem. “Die realiteit is dat die Europese mark nie meer so doeltreffend funksioneer soos dit moet nie,” het hy gesê. “’n Afname in geboortes dra ook tot Europa se probleme by, maar grootskaalse immigrasie uit ander dele van die wêreld kan die kontinent se karakter fundamenteel verander.”

Volgens De Klerk is dit noodsaaklik vir Europa dat dit goed sal gaan met Afrika, aangesien politieke en ekonomiese probleme in Afrika ‘n “onkeerbare vloedgolf van vlugtelinge” tot gevolg sal hê. “Maar Afrika het ook ‘n behoefte aan ‘n sterk Europa, wat sy regmatige rol in die wêreld kan speel.”

De Klerk sê Europa moet meer aandag gee aan Afrika as deel van sy strategiese wêreldbeskouing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

10 Kommentare

Jan ·

Nogal ‘n bekvol vir iemand wat sy tyd meestal in London verwyl. Pleeg die ouman nie plagiaat nie? Hendrik Biebouw het al in 1707 op Stellenbosch gese ” Ik bin een Africaander ..” Dus, niks nuuts nie.

Kaspaas Breekwater ·

‘N groter verraaier as ‘n Afrikaan. Hy gee die naam Afrikaan ‘n slegte betekenis. Ag nou onthou ek, was dit nie vir hom en die Ja stemmers nie sou daar mos ‘n groot oorlog in die land gewees het. Net jammer, amper 60 moorde per dag word gesien as demokrasie.

piet ·

Wie wil nou weet waar die veraaier vandaan kom. Ons weet hoe die Bybel praat van veraaiers so ja ons weet waar die gemors met die bloed van duisende blankes op sy bakkies heen gaan.

Demokraat ·

Alhoewel China en ander Oosterse lande tans aansienlike volumes besigheid met Afrika doen, wil mens die indruk kry dat hierdie lande nie veel gemoeid wil wees met die maatskaplike en ander probleme van Afrika nie. Hulle betrokkenheid in Afrika gaan hoofsaaklik oor handel – die invoer van grondstowwe uit Afrika en die uitvoer van verwerkte goedere na Afrika. Mens lees selde dat hulle enige humanitêre hulp verleen of daarmee betrokke raak nie.

Daarenteen het die Weste nog altyd op maatskaplike gebied groot finansiële bydraes aan Afrika gemaak buiten dat meeste hulp- en ander maatskaplike werkers in Afrika ook van Westerse afkoms is. Ook wat die staatkunde en politiek aanbetref, volg Afrika hoofsaaklik die Westerse modelle en is demokrasie, kapitalisme en die vryemarkstelsel nie vreemd in Afrika nie.

Laastens kry mens ook so die gevoel dat die Afrikane meer aangetrokke tot die Weste voel wanneer dit gaan om morele bystand soos uit die wysbegeerte, humanisme ens. maar ook oor sake soos die tegnologie. Afrika het ‘n goed ingeburgerde konneksie met die Weste wat spruit uit die dae van kolonialisme en daarom wyk die Afrikane ook graag uit na Europa wanneer om ‘n beter heenkome gesoek word.

Ons voorvaders, wat goed gelowige mense was, het graag daarna verwys dat die blankes met ‘n doel in Afrika geplaas is, naamlik op te kultiveer en te kersten. En as dit dan waar is, moet ons nooit hierdie verantwoordelik versaak nie of moet ons minstens gereeld aan ons afvra hoe ons daarmee vorder.

Demokraat ·

Alhoewel China en ander Oosterse lande tans aansienlike volumes besigheid met Afrika doen, wil mens die indruk kry dat hierdie lande nie veel gemoeid wil wees met die maatskaplike en ander probleme van Afrika nie. Hulle betrokkenheid in Afrika gaan hoofsaaklik oor handel – die invoer van grondstowwe uit Afrika en die uitvoer van verwerkte goedere na Afrika. Mens lees selde dat hulle enige humanitêre hulp verleen of daarmee betrokke raak nie.

Daarenteen het die Weste nog altyd op maatskaplike gebied groot finansiële bydraes aan Afrika gemaak buiten dat meeste hulp- en ander maatskaplike werkers in Afrika ook van Westerse afkoms is. Ook wat die staatkunde en politiek aanbetref, volg Afrika hoofsaaklik die Westerse modelle en is demokrasie, kapitalisme en die vryemarkstelsel nie vreemd in Afrika nie.

Laastens kry mens ook so die gevoel dat die Afrikane meer aangetrokke tot die Weste voel wanneer dit gaan om morele bystand soos uit die wysbegeerte, humanisme ens. maar ook oor sake soos die tegnologie. Afrika het ‘n goed ingeburgerde konneksie met die Weste wat spruit uit die dae van kolonialisme en daarom wyk die Afrikane ook graag uit na Europa wanneer om ‘n beter heenkome gesoek word.

Ons voorvaders, wat goed gelowige mense was, het graag daarna verwys dat die blankes met ‘n doel in Afrika geplaas is, naamlik op te kultiveer en te kersten. En as dit dan waar is, moet ons nooit hierdie verantwoordelik versaak nie of moet ons minstens gereeld aan ons afvra hoe ons daarmee vorder. Die vordering hiermee sal die blankes se behoud in Afrika wees.

Chris Potgieter ·

Nadat hy die Afrikaner verraai het, noem hy homself nou maar ‘n Afrikaan!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.