Foto: Middelburg-ontploffing: Talle beseer, twee dalk dood

Die brand in Middelburg. Foto: Algoa FM / Twitter

Die brand in Middelburg. Foto: Algoa FM / Twitter

Altesaam 35 mense het ernstige brandwonde opgedoen ná ʼn ontploffing by ‘n parfuumfabriek in Middelburg, in die Oos-Kaap.

Sizwe Kupelo, ʼn Oos-Kaapse gesondheidswoordvoerder, het aan Algoa FM gesê 18 werknemers van die fabriek sal per helikopter na hospitale in Port Elizabeth vervoer word.

Daar is berigte dat twee mense in die brand ná die ontploffing omgekom het. Dit kon egter nog nie bevestig word nie.

Die polisie op die toneel het omstreeks 13:00 gesê die brand is onder beheer. Daar bestaan egter ‘n vrees dat ongeveer 20 mense steeds binne die gebou vasgekeer is.

Bron: Algoa FM

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wilma Venter ·

Kan ENIGIEMAND asb vir my meer inligting gee? ‘n Tel nr/kontak details van ‘n hospitaal waar die brandoorlewendes opgeneem is? Ek het ‘n projek op Facebook waar ek Kombersies gee aan brandoorlewendes… (Projek Kombersie)… baie dankie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.