Altesaam 14 mense is Donderdag beseer nadat ʼn minibus met ʼn vragmotor in Roodepoort gebots het.
Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk by die kruising van Westlake- en Reefweg plaasgevind. Die impak van die ongeluk het veroorsaak dat die vragmotor omgeslaan het. “Vier mense is ernstig beseer en tien mense het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Steinmann gesê. “Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.” Steinmann sê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en die polisie ondersoek die voorval.
Alweer ‘n Taxi! :(