Die Suid-Afrikaanse Forum vir Ouer Persone (SAOPF) het ʼn amptelike klagte teen Africa News Network 7 (ANN7), die nuwe nuustelevisiekanaal wat deur die Gupta-familie bedryf word, ingedien weens ʼn advertensiebord langs die N1-snelweg naby Sandton wat glo diskriminerend teenoor bejaardes is, het Beeld Woensdag berig.
Die forum het Dinsdag ʼn klagte by die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) en ʼn afsonderlike klagte by die Menseregtekommissie ingedien. Die SAOPF voer aan die televisiekanaal se advertensiebord verneder mense en oortree die wet.
Op die reuseadvertensiebord is ’n foto van ʼn bejaarde man met die woorde: “We aren’t old farts . . . nah, not even our presenters.”
Volgens die forum kom die bewoording neer op die mishandeling van ouer mense kragtens die Wet op Ouer Persone van 2006. “Sukkel ou mense nie al genoeg in ons land nie?” vra Roedolf Kay, nasionale koördineerder van die forum.
Kay sê diskriminasie teen ouer mense is ’n groot probleem in Suid-Afrika. “Die forum dring daarop aan dat alle vernederende advertensiemateriaal onmiddellik verwyder moet word en dat bejaardes in Suid-Afrika om verskoning gevra moet word.”
Die woordvoerder van ANN7 het nie op verskeie versoeke van Beeld nie kommentaar gelewer nie.
Intussen word die ANN7-kanaal as lagwekkend beskryf weens aanbieders wat gereeld blapse maak tydens regstreekse uitsendings. Advertensieborde van ANN7 voer aan hulle bied ʼn “World class newsroom, studios & presentation”[sic].
– SAPA
Mens kry seker “world class FLOPS” ook, waar hierdie kanaal voor in die koor sal wees
Waar kan ek aanklop om ‘n lid te word?
En een van die dae is dié Nuuskanaal ook OU NUUS!!!
Dit tref my nou net, miskien is dit ons nuwe comedy central kanaal! Hulle is net so bietjie verdwaal op die kanale. Ek lag my dood vir die no Blah blah blah, as hulle dit maar liewer gedoen het het die land nie so gelag vir hulle nie
“Its a joke” soos die aanbieders droog maak. Iemand moet die sirkus stopsit. Ons Suid Afrikaners se standaarde is nie so laag nie.
EK HET GEDINK DIT IS `N LEON SCHUSTER FLIEK