Nege mense is beseer nadat twee vragmotors en twee bakkies Donderdagmiddag op die N2-deurpad naby Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, gebots het.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê dit is in die stadium nog nie bekend wat die botsing veroorsaak het nie.
“ʼn Bakkie met nege passasiers agterop vervoer. Al nege passasiers is van die voertuig af geslinger,” het Botha gesê.
Een persoon is kritiek beseer en die res ernstig. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na die Prince Mshiyeni- en Nkosi Albert Luthuli-hospitaal geneem vir verdere behandeling.