Gerugte van ʼn 25-jarige man wat glo deur sewe mans verkrag is, het Donderdag en Vrydag groot reaksie op sosiale media ontlok.
Die gerug lees: “Wit seun (25). Rustenburg vandag naby mooinooi oorrompel toe niks waardevols gevind word toe verkrag al 7 swartes hom. Hy lê nou in ou pkg hospitaal op RTB [sic]” Dié boodskap is wyd op Facebook en Twitter versprei.
Maroela Media het die provinsiale polisie van Noordwes, die hospitaal en die Rustenburg-polisiestasie geskakel en nie een van die partye is van die voorval bewus nie. Beamptes van die Mooinooi-polisiestasie weet ook nie van die beweerde aanval en verkragting nie.
“As die voorval plaasgevind het, is dit nog nie by die polisie aangemeld nie,” het kapt. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, aan Maroela Media gesê.
Lees ook die opvolgberigte:
Ses soek ná man verkrag is
Man glo wél deur groep mans verkrag