Groblersdal-moord: Vrou, vriendin saam in beskuldigdebank

Smith en Papapavlou in die beskuldigdebank van die Groblersdal-landdroshof in Limpopo.

Patricia Ray Lee Smith (23) het Vrydag vir die eerste keer sedert haar vervolging vir die moord op Raymond Gregory Papapavlou nie alleen in die beskuldigdebank van die Groblersdal-landdroshof in  Limpopo verskyn nie.

Papapavlou se vrou, Simone, word nou ook aangekla in verband met die moord op haar man in Oktober verlede jaar. Sy word boonop aangekla in verband met ’n aanslag op sy lewe enkele maande vóór die moord.

Daar word beweer dat Simone haar man reeds op 9 Mei verlede jaar probeer vermoor het deur gif in sy kos te gooi. Die 28-jarige Papapavlou is volgens die polisie in ’n hospitaal opgeneem, maar later weer ontslaan. Hy is sowat vyf maande later in sy plaashuis tussen Groblersdal en Stofberg doodgeskiet.

Die twee vroue, wat glo ten tyde van die moord in ’n romantiese verhouding betrokke was en luidens die klagstaat saamgesweer het om Papapavlou te vermoor, het vanoggend skaars oogkontak in die beskuldigdebank gemaak.

Simone staan voorlopig tereg op aanklagte van moord, sameswering om moord te pleeg, poging tot moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, die besit van ongelisensieerde ammunisie en regsverydeling.

Papapavlou in die beskuldigdebank van die Groblersdal-landdroshof in Limpopo

Smith staan op haar beurt nog tereg op aanklagte van moord en sameswering tot moord.

Simone sal na verwagting eers volgende Donderdag (19 Augustus) formeel aansoek doen om borgtog en bly tot dán in aanhouding.

’n Nuwe landdros sal die aansoek aanhoor nadat die huidige landdros hom vanoggend van Simone se borgtogaansoek verskoon het. Hy meen dit sal “onregverdig” wees aangesien hy Smith se borgtogaansoek in November aangehoor het.

Smith is kort ná die moord reeds in hegtenis geneem en haar aansoek om borgtog is aanvanklik in die landdroshof geweier. Sy is later borgtog toegestaan nadat sy haar tot die hooggeregshof gewend het.

Maroela Media het vroeër berig Papapavlou se liggaam is in Oktober verlede jaar in die vroeë oggendure met verskeie skietwonde in sy huis aangetref.

Hy het op ’n bed in een van die plaashuis se slaapkamers gelê en slaap terwyl sy vrou, Simone, glo in die sitkamer televisie gekyk het. Sy het aangevoer dat sy ’n skaduwee in die huis gesien het waarna sy ’n skoot in die rigting van die slaapkamer gehoor het. Sy het toe self skote met haar vuurwapen in die rigting van die skaduwee afgevuur.

Daar word beweer dat Smith en Simone die moord na ’n plaasmoord wou laat lyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Aai ·

Die foto wat julle nooit kon neem as ‘n paartjie terwyl jou man nog gelewe het ,het die media vir julle gedoen,saam as ‘n paartjie.Mag gereg seevier en julle lank sit.

Jojo ·

Wonder wat se jou skoonouers hiervan…iemand huil oor sy kind…so sad

JohanR ·

Simone is jonk en mooi. Hoekom nie net skui en aangaan met jou lewe, maar nou gaan jy in ‘n tronk sit!

Nienie ·

Slim vang sy baas! Sit sussies sit! Hopelik sommer ‘n leeftyd

Kerneels ·

Weet nie wie lyk erger nie. Cecilia Steyn of die Patricia…

Niklaas ·

Lyk asof die groot liefde tussen die 2 dames ook afgekoel het. Die moord was werklik onnodig, maar nou sal geregtigheid seëvier, hopelik

pestilensie ·

Aarde mense , julle was nie daar , laat die gereg ( vir wat hulle nog werd is ) sy gang gaan . Indien sy dan skuldig bevind word , kan julle lekkerkry begin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.