Huldeblyke stroom in ná Covid-19 leraar, skrywer eis

Dr. Abel Pienaar en sy vrou, Zelda. (Foto: Facebook)

“Met die afsterwe van die denker, skrywer en filosoof Abel Pienaar het Covid-19 ons beroof van ’n vrye gees sonder weerga. In die vele publikasies uit sy pen het hy hom bewys as ’n baanbreker van nuwe skeppende religieuse denke in Afrikaans.”

Só sê die vryskutjoernalis Jean Oosthuizen in ’n huldeblyk op Facebook aan sy vriend, dr. Abel Pienaar, wat Donderdag weens Covid-19 oorlede is.

Hy word deur sy vrou, Zelda, kinders en kleinkinders oorleef.

Dr. Abel Pienaar met een van die boeke wat hy geskryf het. (Foto: Facebook)

Pienaar was die hoofleraar van Renaissance, ’n spirituele gemeenskap in Pretoria. Hy het ook verskeie spirituele boeke geskryf.

Sy boek Die dans met God is tydens die 2015-Woordfees in Stellenbosch as die gewildste leefstylboek aangewys.

“In die vele publikasies uit sy pen het hy hom bewys as ’n baanbreker van nuwe skeppende religieuse denke in Afrikaans,” sê Oosthuizen.

Naledi-uitgewers het Pienaar se dood ook op hulle Facebook-blad betreur.

“Abel het met die moed van sy oortuiging gelewe. Só het hy ook geskryf. Sy boek Tao van Wakker Word – spirituele gids tot innerlike ontwaking, het verlede week by Naledi verskyn.

“Ons opregte medelye met Zelda en Abel se familie en almal wat hom geken het. Hy het ’n verskil in ons almal se lewe gemaak.”

Die aktrise, Juanita de Villiers, skryf op Facebook dat sy haar buurman, vriend en geestelike mentor baie gaan mis.

“Ek weet nie hoe om dít te doen nie … my hart is seer. Jou plek is leeg.

“Ek mis my vriend wat elke middag oor die muur loer om te hoor hoe ons dag was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Boekwurm ·

Nog n geliefde van ons geneem. Dit is juis waarom die vaccine so belangrik is. Om jouself en jou geliefdes te beskerm! My innigste meegevoel vir sy familie.

Oom ·

“Deuteromomium 32: 39 Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie.
Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie.” Dit is nie die Sjinese virus wat Abel se lewe geëindig het nie. Die virus was slegs maar die instrument in die hand van die HERE. Dit is hartseer as ons ‘n geliefde verloor. GOD het Abel egter nodig gehad vir ‘n ander taak in Sy bestel.

Thom ·

Gebede en Ivermektien stuur jou langbome toe ___ inenting is al wat werk al is dit nognie 100 % effektief nie .

Martie Smartie ·

Simpatie vir sy vrou en familie. Sy geestelike oortuigings was egter betwyfelbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.