Kragonderbrekings aan die Wes-Rand en in die noorde van Johannesburg kan dalk nog drie dae lank duur weens ‘n onbeskermde staking, het City Power Donderdag gesê.
“Ons beleef tans kragonderbrekings weens die staking, ons kon nie betyds op oproepe reageer nie, en dit het tot ‘n diensagterstand in dié gebiede gelei,” het die organisasie in ‘n verklaring gesê.
‘n Paar honderd werknemers van City Power het Woensdagmiddag begin staak omdat hulle ongelukkig is oor ‘n nuwe skofstelsel wat die kragvoorsiener ingestel het. Volgens City Power word die staking nie deur ‘n vakbond gelei nie. Vakbonde het in Mei ‘n ooreenkoms bereik aangaande die skofstelsel. “Ons doen ons bes om in samewerking met kontrakteurs krag na die betrokke gebiede te herstel. Ons voorsien egter dat dit moontlik tussen twee en drie dae lank kan duur.”
Die Demokratiese Alliansie het Donderdag gesê die kragonderbreking raak woonbuurte soos Kiblerpark, Wynberg, Randburg van Boskruin tot Cresta, Homestead Park en gedeeltes van Roodepoort.
Maroela Media het vroeër berig pres. Nelson Mandela se huis, waar ‘n mediese fasiliteit vir hom ingerig is sedert hy Sondag uit die hospitaal ontslaan is, word ook deur die kragonderbreking geraak. City Power het Woensdagaand ‘n kragopwekker sowat ‘n blok van Mandela se huis af installeer en ‘n ekstra kragopwekker kan ook buite die hoë mure rondom sy huis gehoor word.
Denis Hunt, woordvoerder van die DA oor infrastruktuurdienste in Johannesburg, het in ‘n verklaring gesê dat City Power se nuwe skofstelsel tot ‘n vermindering in werknemers se salarisse kan lei. Hy sê die kragprobleem kan tot ekonomiese verliese lei in die stad.
City Power kon nie dadelik oor die DA se bewerings oor die gevolg van die skofstelsel kommentaar lewer nie.
As hulle ongelukkig is, waarom nie net staak nie? Waarom die kragstelsel saborteer??? Dom idiote!!!!
Moenie worry nie in Hillbrow maak hulle sommer vuur in die woonstelle. So hulle is gewoond sonder krag.
Ja Amy hulle sal nooit verbeter nie. Dis in hulle gene. Plein stupid.