As jy een honderd present eerlik moet wees, is daar ‘n ernstige kriewel in jou binneste oor die Bokke se wedstryd in die Suncorpstadion in Brisbane Saterdag om 12:05.
Lees meerAlles vir Donderdag 5 September 2013
Wallabie kaptein onttrek weens besering
James Horwill, kaptein van die Wallabies het onttrek van die span wat eerskomende Saterdag teen die Springbokke in Brisbane speel, weens ‘n besering aan sy hampees
JHB dalk nog drie dae lank sonder krag
Kragonderbrekings aan die Wes-Rand en in die noorde van Johannesburg kan dalk nog drie dae lank duur weens ‘n onbeskermde staking, het City Power Donderdag gesê.
Bloulig-tiener: LUR het blou ligte versoek
Humphrey Mmemezi, voormalige LUR van Gauteng, het glo opdrag gegee dat die blou ligte op sy ampsvoertuig aangeskakel moet word voordat hulle in ‘n ongeluk met die motorfietsryer Thomas Ferreira betrokke was, het die Krugersdorpse landdroshof Donderdag gehoor.
Mpuma-onderwysers in hegtenis geneem
Meer as 20 onderwysers van Mpumalanga is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle glo die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uit R7 miljoen bedrieg het, het die Valke gesê.
24 vermeende stropers aangekeer
Altesaam 24 vermeende renosterstropers is in die afgelope twee weke in die Kruger-wildtuin aangekeer, het die departement van waterwese en omgewingsake Donderdag gesê.
Amerika se bewyse glo “onoortuigend”
Vladimir Putin, president van Rusland, se woordvoerder het gesê Amerika moet wag vir die verslag van ondersoekbeamptes van die Verenigde Nasies oor die beweerde gebruik van chemiese wapens in Sirië voordat hulle militêr optree.
Rugbylegende sterf
Prof. Fritz Eloff, die destydse president van die Noord-Transvaalse Rugby-unie en voormalige voorsitter van die Internasionale Rugbyraad, is Donderdag in ʼn ouderdom van 93 in Pretoria oorlede.
Sianied gebruik om olifante in Zim te stroop
Die Zimbabwiese koerant, Chronicle, het Donderdag berig dat die polisie ʼn sindikaat van ses stropers gevang het wat 41 olifante in Hwange vir hul tande doodgemaak het.
Strop trek nouer om man wat met kleuter op motorfiets jaag
Justice Project South Africa (JPSA) het Donderdag bevestig dat die man wat afgeneem is terwyl hy met ʼn motorfiets deur Johannesburg se strate jaag terwyl ʼn kleuter styf aan hom vashou, uitgeken is en dat ʼn saak teen die man by die polisie aanhangig gemaak is.
Wits-dosent skuldig bevind aan seksuele teistering
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het ʼn derde dosent afgedank wat skuldig bevind is aan seksuele teistering.
Malema se party amptelik geregistreer
Julius Malema se party, die Economic Freedom Fighters (EFF), is Donderdag amptelik as ʼn politieke party by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer.
Groot opwinding in Vryburg
AfriForum het hierdie week Vryburg in Noordwes in AfriForum-wêreld omskep.
Twee vas ná rooftog, vyf vlug met kontant
Twee mans is Donderdagoggend in Kaapstad tydens ʼn transitorooftog in hegtenis geneem.
Heyneke Meyer verduidelik oor Kirchner
“Gaan kyk maar weer na sy vertoning vir die Bulle in die Superrugbyreeks. Hy was die hele tyd tussen die top driedrukkers en hy is ook op heelagter gekies toe ons die Wallabies op Loftus Versfeld geklop het. Ons het daardie toets met vyf drieë gewen en sy aandeel op die aanval was onvervangbaar.”
“Amerikaanse aanval op Sirië kan tot kernramp lei” – Rusland
‘n Russiese waarskuwing dat ‘n Amerikaanse-geleide bomaanval op Sirië tot ‘n kernramp kan lei, laat die wenkbroue lig.
Oë uitsny: Vrou glo verwant aan kind; pleeg selfmoord
Die vrou wat ʼn sesjarige seun van China se oë uitgesny het, is glo die seun se eie tannie.
21-jarige vas vir verkragting van vierjarige
ʼn 21-jarige man van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vierjarige dogter verkrag het.
Padwerker deur trok doodgery
ʼn Padwerker is dood nadat hy Donderdag deur ʼn swaarvoertuig op die N14-snelweg getref is.
Gedagte vir die dag: Tyd om tot siens te sê
Prediker 3:1 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: Wanneer dit tyd word om te groet, kan ons…