City Power het bevestig dat alle gebiede in Johannesburg weer van elektrisiteit voorsien word nadat kragonderbrekings die afgelope week die stad geteister het.
“Indien daar tans kragonderbrekings ervaar word, is dit nie die gevolg van die onwettige staking nie,” het Sol Masolo, woordvoerder van City Power, in ‘n verklaring gesê. Daar is blykbaar steeds geïsoleerde gevalle, onverwant aan die staking, waar kragonderbrekings ervaar word.
‘n Paar honderd ontevrede werkers het Woensdag begin staak oor ‘n nuwe skofsisteem wat tot die kragonderbrekings gelei het. City Power het gesê die nuwe skofsisteem sal dienslewering verbeter. Verskeie beheersentra is ingestel om seker te maak dat daar nie weer met die kragnetwerk gepeuter word nie.
Maroela Media het vroeër berig dat Faith Mazibuko, LUR van gemeenskapsveiligheid in Gauteng, gesê het dat die stakende werkers verskeie substasies in die stad gesaboteer het. “Dit is terrorisme,” het sy gesê.
City Power het Saterdag gesê hy het met twee vakbonde oor die staking onderhandel. Die maatskappy het onderneem om slegs met twee vakbonde, die SA Municipal Workers’ Union (Samwu) en die Independent Municipal and Allied Trade Union (Imatu) te onderhandel, weens die “formele” kanale waarop daar vroeër ooreengekom is. Masolo het nie verdere besonderhede hieroor verskaf nie.
Maroela Media het vroeër berig dat Faith Mazibuko, LUR van gemeenskapsveiligheid in Gauteng, gesê het dat die stakende werkers verskeie substasies in die stad gesaboteer het. “Dit is terrorisme,” het sy gesê.
Nou wat word aan die terroriste gedoen? Verhoging of bevordering?
Beide !
Plus verduistering.