Julius Malema se halfgeboude spoghuis in Sandown, Johannesburg, gaan Donderdag opgeveil word.
Bidders Choice, wat die veiling hanteer, hoop om die drieverdiepinghuis vir tussen R2,5 en R3 miljoen te verkoop, het The Star Woensdag berig.
Pieter Geldenhuis, die woordvoerder van Bidders Choice, sê daar is baie kopers wat in die eiendom belangstel en daar is steeds kopers wat registreer.
Kopers wat op die eiendom ʼn aanbod wil maak, moet ʼn registrasiefooi van R100 000 betaal.
Die veiling is deel van ʼn hofbevel om Malema se bates op te veil in ʼn poging om R16 miljoen belastinggeld, wat hy aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens skuld, te verhaal.
Malema het die eiendom in 2009 vir R3,6 miljoen gekoop.
lekker ek hoop die ding kry i nuwe huis by pta sentraal. gemors.
Welcome to the real world Julius!